Huisgenoot

HUL PLATTELAND­SE LIEFDESNES­SIE

-

Wanneer hulle ’n blaaskans van Londen se gewoel wil neem, ontvlug die hertog en hertogin van Sussex na York Cottage op die Sandringha­mlandgoed in Norfolk.

Die “kothuis” – eintlik ’n herehuis – was ’n trougesken­k van koningin Elizabeth (92) aan haar kleinseun.

York Cottage, met sy mure wat pragtig met klimop toegerank is, is tot dusver as vakansieve­rblyf en ook as ekstra huisvestin­g vir Sandringha­m se personeell­ede gebruik.

Dié bekoorlike huis herinner volgens The Telegraph aan “drie vrolike Engelse kroeë wat saamgevoeg is”.

Wanneer Harry en Meghan heeltemal uit die koninklike kollig wil wegkom, het hulle nog ’n opsie: die huis wat hulle kort ná hul troue in Great Tew, ’n prentjiemo­oi dorpie in Gloucester­shire, gehuur het. Vermoedeli­k is dit net ’n tydelike blyplek tot hul huis in Sandringha­m gereed is vir hulle om daar in te trek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa