Huisgenoot

’N KUIER BY DIE CLOONEYS

-

As kragpare waarvan die twee helftes uit verskillen­de wêrelde kom, het die Sussexe en die Clooneys baie gemeen.

Die Hollywoods­ter George Clooney (57) en sy vrou, Amal (40), ’n menseregte­prokureur, is meer as blote kennisse van die hertog en hertogin van Sussex; hulle is trouens huisvriend­e. Dit het duidelik geword toe die Clooneys vir Harry en Meghan vir ’n “mini-wittebrood” van drie nagte na hul weelderige huis, Villa Oleander, aan die Comomeer genooi het.

Volgens die tydskrif Hello! het Meghan daar langs die swembad gelê en ook vir Amal met haar eenjarige tweeling, Ella en Alexander, gehelp. Die mans het die tyd verwyl deur basketbal op die afgesonder­de terrein te speel en George het sy motorfiets­versamelin­g vir die prins gewys.

Die gasvrye Clooneys het ook ’n partytjie ter ere van hul koninklike gaste gehou en 15 hegte vriende op ’n soel Italiaanse aand onthaal.

Die twee egpare het mekaar glo deur die stilis Miguel Perez ontmoet. Hulle deel ’n passie vir liefdadigh­eidswerk. Ná Harry en Meghan se troue het Amal gesê: “Ons dink hulle gaan saam groot dinge in die wêreld doen.’’ (Blaai om)

Met dié dat die hertogin van Sussex uit Amerika kom, is die konsep van ’n monargie vir haar ’n bietjie vreemd. Daarom was dit ’n groot leerkurwe wat sy sonder sukkel baasgeraak en ongeloofli­k goed hanteer het – Dickie Arbiter, koningin Elizabeth se voormalige woordvoerd­er

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa