Huisgenoot

’N LAAT SOMERVAKAN­SIE

- E

’n Groot ophef is gemaak toe koningin Elizabeth en Meghan in Junie saam vir amptelike verpligtin­gs in die openbaar verskyn en duidelik goed oor die weg gekom het.

Die monarg het omtrent ingenome gelyk met haar nuwe skoonklein­dogter.

Volgens ingeligte bronne wil sy nou graag vir Meghan ’n plek wys wat haar na aan die hart lê: Balmoralka­steel in Skotland.

Die koningin kies altyd aan die einde van die Engelse somer daarheen koers. Harry en Meghan is genooi om daar by “Granny” aan te sluit vir verfrissen­de wandelings in die hooglande en pieknieks op die landgoed in Aberdeensh­ire se golwende heuwels.

Dit gaan vanjaar daar wemel van die koninklike­s met prins William (36), Kate (36) en hul kinders, George (5) Charlotte (3) en die vyf maande oue Louis, wat ook daar gaan uitspan saam met prins Charles (69) en Camilla (71) asook prins Edward (54) en sy vrou, Sophie (53), en hul kinders, Louise (14) en James (10).

 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO: Meghan en die koningin tydens hul gesamentli­ke besoek aan Chester. BO: Balmoralka­steel in Skotland.
HEEL BO: Meghan en die koningin tydens hul gesamentli­ke besoek aan Chester. BO: Balmoralka­steel in Skotland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa