Huisgenoot

MA SE KIND

-

Meghan se pa, Thomas Markle (74), en halfsuster, Samantha (53), spoel gereeld geniepsig mond uit teenoor wie ook al wil luister. Maar haar ma, Doria Ragland (61), is ’n ware steunpilaa­r vir haar dogter. Die maatskapli­ke werker en joga-instruktri­se van Los Angeles oorweeg dit glo nou om Engeland toe te trek om nader aan Meghan te wees.

“Sy maak reg om na Londen te verhuis,” het ’n vriend aan The Express gesê. “Voor die troue het sy al vir my gesê sy mis haar Megs so baie dat sy enigiets sal doen om nader aan haar te wees, veral noudat Meghan met haar eie gesin wil begin.

“Doria is ontsettend lojaal aan Meghan en sal haar nooit verraai soos die res van hulle nie. Hulle is baie geheg aan mekaar,” sê die vriend.

Anders as Meghan se vervreemde pa, Thomas, wat onlangs in ’n onderhoud laat hoor het Meghan sou niks sonder hóm gewees het nie, sit Doria geen voet verkeerd in die mynveld van koninklike protokol nie.

Toe sy tydens haar dogter se sprokiestr­oue nie haar vreugdestr­ane kon keer nie, het Doria reeds koninklike aanhangers se guns gewen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa