Huisgenoot

DIE STERRE VOORSPEL

-

Sou Diana van Meghan as skoondogte­r gehou het?

Huisgenoot het dié vraag, waaroor menige aanhanger van die koninklike­s wonder, aan Penny Thornton, ’n Britse astroloog en vertroueli­ng van prinses Diana, gestel toe sy Suid-Afrika onlangs besoek het.

“Ek dink Diana sou van Meghan gehou het,” was haar antwoord. “Maar eintlik sou sy lief gewees het vir enigiemand vir wie Harry lief is.”

En wat dink sy self as astroloog van Harry se keuse? Sal hul huwelik die toets van die tyd deurstaan of soos albei ouerpare s’n in die skeihof beland?

Hul huwelik sal hoogte- en laagtepunt­e hê, maar dit beteken nie dit sal misluk nie, sê Penny, wat haar nuwe boek, The Zodiac Cooks, in Suid-Afrika kom bemark het.

Sy meen Harry en Meghan sal vasbyt en deurdruk. “Hulle lyk asof hulle regtig vir mekaar lief is.” Tog verskil die twee hemelsbree­d.

“Astrologie­s gesproke kyk ons na twee heeltemal verskillen­de elemente: vuur en aarde.’’ Meghan, ’n Leeu, het ’n vuurteken, terwyl Harry onder die aardteken van die Maagd gebore is.

“Vuur is die ene geesdrif, gesellig en spontaan, terwyl ’n aardteken veel versigtige­r en nadenkende­r is.”

Wat hou die toekoms vir hulle in? Ons moet die onverwagte van Harry en Meghan verwag, voorspel Penny. Anders as Kate en William kom hulle uit “heeltemal verskillen­de wêrelde.

“Hulle gaan so onafhankli­k moontlik van die koninklike manier van doen wees. Hulle gaan tyd buite die land deurbring om humanitêre werk te doen.”

Gelukkig sal hulle groter vryheid as William en Kate geniet, want Harry is net die sesde aanspraakm­aker op die troon, teenoor sy ouboet wat tweede is.

As aktrise het Meghan reeds haar staal gewys. “Dit kan ’n probleem word,’’ reken Penny.

“Meghan sal baie bewus van haar beeld wees en dit self wil bepaal. Ek dink sy kan die establishm­ent daarmee die harnas injaag.”

In die nabye toekoms, reken Penny, kan ons die getrippel van klein voetjies in die koninklike paartjie se kothuise hoor.

Ons kan skaars wag . . .

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa