Huisgenoot

Gaga: ‘Ekdoen niealtyd watek verkondig nie’

-

Al is sy ’n popster met liedjies boaan die trefferlys­te en ’n Golden Globe-prys vir toneelspel daarby, moes Lady Gaga steeds ’n oudisie aflê vir haar rol in A Star Is Born.

By dié fliek se première op die Venesiese Rolprentfe­es het Gaga gesels oor haar skermtoets saam met die regisseur en Bradley Cooper, haar medester in die fliek.

Volgens die sangeres het Bradley haar met ’n vatlappie begroet. “Verwyder dit,” het hy glo oor haar grimering gesê en bygevoeg hy wil hê sy moet “volkome eerlik” en sonder “enige valse vertoon” wees. Bradley (43) het toe self Gaga (32) se verbloemer, maskara en lipstiffie afgevee.

Aanlyn kommentato­rs het dadelik hul besorgdhei­d daaroor uitgespree­k, en een van hulle het Bradley se optrede selfs as “vrouemisha­ndeling” beskryf.

Gaga, daarenteen, het die gebaar as goed en kragtig ervaar. “Dit het my eintlik op my plek gesit, want wanneer my karakter praat oor hoe lelik sy voel, is dit eg,” het sy gesê en bygevoeg: “Ek is baie onseker. Ek preek graag, maar doen nie altyd wat ek verkondig nie.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa