Huisgenoot

AS JOU WIELE OPHOU DRAAI

Wat as jou ryding lol en die handelaar bly steeks?

-

OF JY nou met ’n vragmotor of ’n motorfiets ry – as die wiele lol en jy en die handelaar bots oor die herstelwer­k, is daar hoop.

As jy voel jy het alles moontlik gedoen, kan jy ’n klag by die ombudsman vir die motorbedry­f indien. Dié instelling is in 2014 gestig om geskille tussen verbruiker­s en diensversk­affers te besleg. Dit omvat nuwe en tweedehand­se voertuie en behels kwessies wat op motorhande­laars van toepassing is, soos die ou wat ’n motor met 107 000 km op die odometer gekoop het, maar later by ’n ander handelaar hoor dit het reeds drie jaar vantevore 135 000 km op die klok gehad. Of die man wie se bromponie ná slegs 500 km nie meer wou ry nie.

Albei dié verbruiker­s se klagtes is in hul guns besleg. Maar onthou, die ombudsman is onafhankli­k en kan ook in die diensversk­affer se guns beskik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa