Huisgenoot

VOOR JY KLA

-

Jy moet eers self die saak met die diensversk­affer probeer oplos voor jy ’n klagte by die ombudsman indien.

En jy moet jou huiswerk doen. Maak byvoorbeel­d seker jy verstaan die oorspronkl­ike koopooreen­koms, soos wat die waarborg en diensplan behels. As jy seker is jy is geregtig om te kla, kan jy dié stappe doen:

Kontak die diens- of verkoopsha­ndelaar en vind uit wie die regte persoon is om mee te praat. Maak dan ’n afspraak om die klagte met die aangewese persoon te bespreek.

Beheer jou emosies en benader die saak op ’n beskaafde manier. Skryf neer wat, waar en wanneer alles bespreek is en wat die uiteinde van die gesprek is.

As jy ontevrede is met die manier waarop die klagte hanteer word, kan jy aandring dat ’n verteenwoo­rdiger van die motorverva­ardiger die klagte hersien. Die kliëntedie­nsafdeling van die vervaardig­er kan jou hier help. Hou ook rekord hiervan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa