WILL EN CARLTON WEER BYMEKAAR
Twee-en-twintig jaar nadat The Fresh Prince of Bel-Air se uitsending op televisie geëindig het, is Carlton en Will weer bymekaar. Will Smith en Alfonso Ribeiro het Fresh Princeaanhangers verras toe hulle onlangs ’n foto saam op Instagram plaas. In die byskrif verwys Will (49) na Alfonso (46) as “een van my gunstelingmense op die ganse aarde”. Wat van ’n reünie, ouens?