Huisgenoot

Hulle het ook ’n gewone werk

-

VANILLA ICE

Ná sy loopbaan as rapper het Vanilla Ice (50) by die eiendomsbe­dryf betrokke geraak en in huisverbet­ering gespesiali­seer. Die rapper, wie se regte naam Robert van Winkle is, het ’n program met die titel The Vanilla Ice Project aangebied, wat op The DIY Network uitgesaai is.

FREDDIE PRINZE JR.

Die voormalige akteur Freddie Prinze jr. (41) het in 2016 ’n kookboek, Back to the Kitchen, uitgereik en werk nou as ’n sjef. “My ma het haar lewe lank in restaurant­e gewerk,” verduideli­k hy sy liefde vir kook en voeg by hy het kleintyd baie lewensless­e “voor ’n stoof geleer”.

KEVIN JONAS

Terwyl sy broers Nick (25) en Joe Jonas (29) steeds soete musiek maak, is Kevin Jonas (30) deesdae ’n gesinsman. Die oudste Jonas-broer werk nou as ’n kontrakteu­r in New Jersey, waar hy die mede-eienaar van JonasWerne­r Homes is, ’n ondernemin­g wat huise bou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa