Huisgenoot

Local Is Lekker

- Ra kroon ree kom me like

KYK jy na haar Instagram, lyk Tanya van Graan pure meermin. “Ek was altyd aangetrokk­e tot die see,” verduideli­k die 34-jarige model en aktrise. En toe sy sewe jaar gelede Johannesbu­rg vir Kaapstad verruil, het sy die geleenthei­d aangegryp om haar as vryduiker te kwalifisee­r.

“Ek het van jongs af daarvan gehou om onder die water te wees,” sê Tanya, wat as kind onderwater­hokkie gespeel het.

Deesdae is sy ’n gesoute vryduiker en probeer sy gereeld ’n duiksessie inpas. Maar om veiligheid­sredes beoefen sy dié stokperdji­e altyd saam met ’n groep.

Die sport raak sommer vinnig tegnies wanneer ’n mens die diepste duik wil probeer, maar in die Kaapse waters duik sy sowat 18 m diep. Op ’n goeie dag kan sy haar asem drie en ’n half minute hou.

“Dis beslis diep genoeg aangesien jy die meeste seelewe tussen agt en 12 m onder die oppervlak sien,” sê Tanya.

 ??  ??
 ??  ?? Tanya van Graan het nes ’n Bond-meisie gelyk toe sy besluit het om haar liefdes vir vryduik en modelwerk te kombineer. As ’n mens wil oefen om dieper te duik, is Tanya se raad dat jy dit doen waar die water kalm en teen ’n konstante temperatuu­r is.
Tanya van Graan het nes ’n Bond-meisie gelyk toe sy besluit het om haar liefdes vir vryduik en modelwerk te kombineer. As ’n mens wil oefen om dieper te duik, is Tanya se raad dat jy dit doen waar die water kalm en teen ’n konstante temperatuu­r is.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa