Huisgenoot

Mense en Hul Dinge

- T w di D tus a J Shiha T dagog te

JOHN KRASINSKI het ’n vol program, maar hy is nooit te besig vir sy gesin nie. Die akteur, wat ’n hoofrol in die komende televisier­eeks Tom Clancy’s Jack Ryan vertolk, het onlangs aan die tydskrif People gesê selfs sy uitputtend­e werkrooste­r vir dié Amazon-televisiep­rogram kon hom nie van sy vrou, Emily Blunt (35), en hul dogters, Hazel (4) en Violet (2), weghou nie. “Ons stel altyd ’n basis op en ek wil altyd hê die basis moet by hul ma wees. En ek sal die vliegtyd insit,” het die 38-jarige onthul. Dit beteken hy het heen en weer tussen Montreal en Londen gevlieg aangesien Emily toe aan die rolprent Mary Poppins gewerk het. “My gesin is nie onderhande­lbaar nie; daarom het ek elke liewe naweek teruggevli­eg, al het ek 5 000 km weg van hulle geskiet.” John se Jack Ryan-medester Dina Shihabi (28) het gesê die voormalige ster van The Office het soms nadat hulle Saterdagog­gende teen vyfuur klaar verfilm het ’n vlug na Londen gehaal en teen Sondagaand weer teruggevli­eg. Wat ’n goeie voorbeeld vir pa’s.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa