Huisgenoot

Ou staatmaker­s kry byderwetse kinkels

Vir Erfenisdag op 24 Septembert doen ons ’n ietsie anders met huiskosgun­stelinge

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN, Galliova-kosskrywer van die jaar Foto’s: JACQUES STANDER

DEKADENTE STYWEPAP EN WORS

Ons maak goeie ou stywepap spesiaal met beleë cheddar, pietersiel­ie en suurlemoen­skil. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 30 MIN. BOEREWORS

300 g boerewors PAP 375 ml (1½ k) mieliepap 60 ml (¼ k) botter 100 g beleë cheddar, gerasper 1 suurlemoen se gerasperde skil ’n hand vol vars pietersiel­ie, gekap

TAMATIES 15 ml (1 e) olyfolie 250 g kersietama­ties 2 knoffelhui­sies, gekap 15 ml (1 e) botter 1,25 ml (¼ t) suiker sout en vars gemaalde peper VIR AFRONDING ekstra pietersiel­ie, gekap ekstra suurlemoen­skil suurlemoen­wiggies

Hou 4 kebabstokk­ies (in water geweek) byderhand. Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai.

1 Boerewors Sny die wors in 4 gelyke stukke. Rol elke stuk op en ryg aan ’n kebabstokk­ie. Pak die kebabs op ’n toeknyproo­ster en braai oor die kole tot gaar. Hou eenkant.

2 Pap Plaas die mieliepap in ’n kastrol en voeg 500 ml (2 k) kookwater by. Roer goed en bring tot kookpunt. Roer af en toe om te verhoed dat die pap vasbrand. 3 Voeg nog 250 ml (1 k) kookwater by sodra die ander water weggekook is. Roer goed en voeg die botter by. Laat nog ongeveer 15 min. stadig prut of tot die pap gaar is. 4 Roer die kaas, suurlemoen­skil en pietersiel­ie deur en meng goed. Hou eenkant. 5 Tamaties Verhit die olie in ’n groot pan en braai die tamaties tot effens geskroei. Verlaag die hitte en voeg die knoffel en botter by. Roerbraai 1 min. Geur met die suiker, sout en vars gemaalde peper. 6 Vir afronding Verdeel die pap tussen 4 bakkies. Skep die tamatie bo-op gevolg deur die boereworsk­ebabs. 7 Sprinkel nog pietersiel­ie en suurlemoen­skil oor en sit voor saam met die suurlemoen­wiggies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa