Huisgenoot

Die fyn kuns van poeier en sponse

Ons help jou die beste poeiers vir jou velsoort kies en ook die regte sponsies vir netjiese aanwending

- Deur NTHABISENG MAKHOKHA

Los poeier

Dit word van besonder fyn, los poeierdeel­tjies gemaak en word al eeue lank gebruik. Mense met ’n olierige vel trek voordeel uit dié soort poeier, want dit absorbeer olie, hou langer as dié in ’n poeierdosi­e en kan in lae aangewend word om probleme te verbloem.

Saamgepers­te poeier

Die poeier is basies los poeier wat saamgepers is. Maar los poeier en saamgepers­te poeier dien elk ’n verskillen­de doel. Saamgepers­te poeier kan alleen gebruik word, vergeleke met los poeier wat jy saam met onderlaag gebruik. Dit kan ook bedekking bied as jou vel gepigmente­er is. Dit is ideaal vir mense met ’n kombinasie­vel, want dit sal nie jou vel uitdroog nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa