Huisgenoot

Staan opsy, Sorina! Flooze reik ’n soloalbum uit

Flooze se eerste soloalbum, Die Bliengmasj­ien, het onlangs verskyn. Ons gesels met die Floozegoos­e van Witbank en loer in by Sorina Erasmus, die sangeres wat haar geskep het

- Deur JACO- HOUGH COETZEE

Wat kan luisteraar­s verwag?

Die skitter- glitter- album het tunes met ’n beat wat in jou ore gaan repeat tot jou

speakers uitfreak, en jy sal wil litte skud tot jou hare se extensions uitval en jy sal lag tot die goud in jou tande loskom. Die album sluit in songs soos Die Tennis Tune en Hoezit My Tjomma wat op- op gepimp is soos ’n Ford Cortina in die onderdorp se strate. Ek het ook leer Chinees praat vir die tune Ninja: Move soos ’n Ninja . . . tjieng-tjong-tja.

Wat het van jou leerbaadji­e geword?

Daai leerbaadji­e sal altyd deel van die Flooze- goosewees. goose wees. Dis waar alles begin het en ’n mens moet nooit jou roots vergeet nie. Die baadjie is wel ná 10 jaar al so gesweet dat nie eens Jik die klanke meer kon keer nie. Dit was daarom tyd om dinge te blingefy met ’n nuwe look en

feel wat so duidelik sparkle-sparkle dat selfs die son ’n sonbril moet dra.

Al jjou vorigeg albums het jjy met Sorina ggedeel; op dié een is jjy opp jjou eie. Is jy bang sy steel jou blieng?

Sy is so ’n ou preutse dingetjie, maar ek laaik haar kwaai. Sy het gesê ek kan maar bos gaan en my eie CD maak. My tjomme soek Flooze- tunes wat hulle happy hou met humor, en haar

fans soek musiek wat hulle inspireer.

Wie is daardie kaalbolyfd­ansers saam met jjou in die Bliengmasj­ien-video?

Die silwer spiertiere is spesiaal van Switserlan­d ingevoer. Ek het hulle deur die pos bestel op ’n buyone- get- one- free special. Die boepens- bodyguard en sy tjoepietjo­mma het ek langs die Vaaldam raakgeloop waar hulle kurpers vang om as salmon sashimi in Pretoria-Oos te smous.

Die video van die eerste enkelsnit (Die Tennis Tune) van die album het meer as 800 000 YouTube-kyke gekry. Hoe voeloel dit?

Superdankb­aar teenoor elke tjomma wat die fun en humor en die lekker in die lewe raaksien. Ek het die tune geskryf sodat almal saam kan jive: van die kleinkinde­rs met melktande tot oumagrootj­ie met haar valstande, van ’n Sandtonsno­b tot ’n Westonaria- wannabe.

Wat dink jy van Flooze se album?

Flooze se musiek is uit die boks en teen die alledaagse grein. In Die Blieng Bliengmasj­ien is sy getrou aan wie sy nog altyd was, naamlik “feel-good fun for all”.

Ruk sy nie ’n bietjie handuit nie?

Nee, inteendeel. Ek dink haar hele Bliengmasj­ien-boodskap kan tot elkeen spreek. Dit maak nie saak wie jy is nie, almal het die potensiaal om te skyn en die kans om te skitter. So onthou, élke Bliengmasj­ien daar buite: Skyn, al is

jou liggie klein.

Het die Flooze dalk verklap hoe sy oor die ggoeie verkope van die album voel?

Ek herinner haar elke dag aan Koos Doep se wyse woorde: “Wat ek is, is net genade, en wat ek het, is net geleen.”

Wanneer kan ons weer ’n album van jou verwag, Sorina?

My vorige album was Hoofletter­s (2016). Op die regte tyd gebeur die regte ding, maar vir eers is dit eers Flooze se beurt om te skyn.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Flooze vertel sy het haar spiertier (in die swembad) van Switserlan­d ingevoer.
Flooze vertel sy het haar spiertier (in die swembad) van Switserlan­d ingevoer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa