Drie uiteenlopende stemme vir jou leesgenot
Drie uiteenlopende stemme vir jou leesgenot
ELNA VAN DER MERWE TWEESPOOR Deur HELENA GUNTER (Protea, R189*)
FRANSINA wonder of sy haar geskiedenis kwyt is. “Haar goeie ou dae wat nie vir almal goed was nie en daarom net boos, boos, boos was?” Sy noem die probleme waarmee mense in die demokratiese Suid-Afrika sit op die naam. Dit sou Tweespoor ’ n ongemaklike leeservaring kon maak vir mense wat voortbeur en dinge eerder verswyg. Wanneer dit wel gesê word, kom dit meestal uit regse kringe. Ons het ’n paar vrae aan Helena Gunter gestel oor haar jongste boek wat onlangs verskyn het.
Is jy bang Tweespoor word “verkeerd” gelees?
Elke leser, links of regs, bring sy bagasie na ’n teks. Die regse sou kon sê dat die boek opsetlik polities korrek is, met die wit Afrikaanse Fransina spot, haar die skuld gee en uitlewer; die linkse kan sê dat ek, ’n eens bevoordeelde wit mens, die swygreël oortree en swart SuidAfrikaners vasskryf as misdadigers.
’n Mens kan net hoop dat ’n meer genuanseerde problematiek vir die leser uit die bladsye opstaan. Ek is ewe allergies vir ’n polities korrekte pakt van linkses wat die huidige klimaat van misdadigheid ontken as wat ek is vir regses wat die bestaan en gevolglike psigiese skade van kolonialisme en apartheid afmaak. (Die vermoorde student en die skrywer) Hannah Cornelius en Winnie Rust praat net so hard met my as armoede en misdaad op die Kaapse Vlakte.
Verduidelik V die struktuur van die boek: Die eerste deel met sy, durf ’n mens sê, nostalgiese onthou van kinderdae op ’n plaas, en dan die Angelus Novus Africanus.
Dis D ’ n opsetlike verdeling. In die een spoor spo vra die vier lewensveranderende belewenisse van ’n jong meisie, Tilla, die vraag of die wit Afrikaanse kind met dié soort lewenservaring werklik bevoordeel is deur die plaasmilieu. Is sy weerbaar? In die ander spoor probeer ’n volwasse Fransina, ’n “engel van die geskiedenis” – ’n eend van Tilla se dam – haar weg vind in ’n stormagtige, eietydse Suid-Afrika.
Dibi Breytenbach sê van haar jongste roman, Dowe Gode, dit is (onder meer) haar “protesliteratuur” omdat die media nie KwaZuluNatal se stories vertel nie. Is Tweespoor jou protes?
Beslis. Teen histrioniese, pryssingende positiewes met ’n selfingenome bewusteloosheid oor wat dit beteken om tussen haaie te swem, teen neo-kreepie kraulies, teen die ontkenning van ’n verband tussen gister se verontmensliking en vandag se misdaad, teen jeugbeheptheid, teen geestelike vervlakking en die norme van ’n verbruikerskultuur . . . Dis ook waarom Angelus Novus Africanus in die betogende New Journalism-vorm gegiet is.
Vertel hoe Fransina Raka as “metafoor van geldjagse kapitaliste” kan inspan vir haar klas.
Sy sou aan haar leerders verduidelik dat geldbesit in die kapitalistiese bestel aangeteken word as prestasie. Dan sou sy aan die hand van Raka verduidelik hoe gevaarlik so ’n ruimte kan wees as iemand wat “enkeld dier” is, iemand met “drifte wat geen naam of doel meer ken” nie, sy verskyning maak. Selfs nie sy beste vriende, om van sy vroulike aanhangsels en ander weerloses in sy pad nie te praat nie, sal op “die fyn net”, “die vaste ewewig en maat”, die “skoonheid en hoogheid” van lojaliteit, empatie of eerlikheid kan staatmaak nie. Gelukkig is daar meer kapitaliste wat Koki’s is, of hoe?