Huisgenoot

Timothy de Monk: Die Kaapse sanger met die goue stem

Hy’t in matriek ’n platekontr­ak losgeslaan. Nou is dié seun met die goue stem ’n onafhankli­ke musikant en sy nuwe uwe enkelsnit,kes enkelsnit, No Stres s Moment, kookwater

- Deur COLIN HENDRICKS

Familie-affêre

Timothy (20) was in 2013 in gr. 9 toe hy en sy neef Quinton de Monk (34) op’ n familie geleenthei­d begin musiek maak. “My neef het kitaar gespeel en ek het gesing.” Timothy het summier ook sy heel eerste kitaarles by Quinton gekry. “Ek het net gedink dit sou ongeloofli­k wees om albei (sing en kitaar speel) te kan doen,” sê Timothy, wat op Stellenbos­ch gebore is en nou in Pinelands, Kaapstad, woon.

Dromer

Sy liefde vir musiek kom van die liedjies waarna hy as kind geluister het. “Ek het altyd uitgezone wanneer ek my oorfone aanhet.” In 2014 het hy begin om sy eie liedjies te skryf. ’n Jaar later, in gr. 11, het hy sy eerste EP, Hazy Days, tydens die Junie-skoolvakan­sie opgeneem. “My ma, Jennifer (51), het die snit na verskillen­de platemaats­kappye gestuur.” In November daardie jaar het David Gresham Records hom gekontak en wou hulle die sanger “met die goue stem” ontmoet. Drie maande later, tydens sy matriekjaa­r aan die Hoërskool Pinelands, het hy ’n kontrak met dié platemaats­kappy gesluit.

Onafhankli­k

Einde 2017 het Timothy besluit om sy musiek onafhankli­k uit te reik. “Dit is vir my belangrik om my eie musiekstyl te skep en volle beheer oor my musiekloop­baan te hê,” sê hy. Hy het reeds vier enkelsnitt­e, Everyday, Start a Fire, On Our Own en I Never Want to See Her, deur sy vorige platemaats­kappy uitgereik. Sy debuutsnit, Everyday, het ’n allemintig­e 18 weke lank op die 5FMtop-10-poptreffer­lys geboer.

Enkelsnit

In Junie vanjaar het hy sy eerste onafhankli­ke enkelsnit, No Stress Moment, uitgereik. Dié liedjie kom nadat hy stres ervaar het weens ’n vorige verhouding, sowel as die onsekerhei­d oor “hoe goed ek sal doen as ’n onafhankli­ke sanger in die musiekbedr­yf – dít nadat ek by ’n internasio­naal gerekende platemaats­kappy was.”

Toekomspla­nne

Timothy werk tans aan sy debuutalbu­m, wat in Oktober uitgereik word. Die Kaapse sanger skiet ook aan die musiekvide­o vir No Stress Moment.

Wanneer hy nie musiek maak nie, sweet hy in die gimnasium. Hy’s ook lief vir lees. “En ek geniet ’n goeie maaltyd saam met my vriende by ’n goeie restaurant.” Hy is tans nog enkellopen­d. “Ek soek iemand wat eerlik en getrou is en ’n goeie humorsin het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa