Huisgenoot

Blitsvervo­er van die toekoms

Blitsvervo­ermiddels van die toekoms – met of sonder bestuurder­s – beloof om ons wêreld veel kleiner te maak

-

HOE lyk die toekoms van vervoer op aarde? Amper enigiets is moontlik – selfs reusevuurp­yle wat jou binne ’n uur na die ander kant van die aardbol kan neem. Die kommersiël­e stralers van die 1950’s was die laaste groot uitvindsel wat vervoer betref, buiten hoëspoedtr­eine. Die eerste suksesvoll­e snelspoorl­yn, die Shinkansen, het in 1964 in Japan tot stand gekom. Sedertdien is klein verbeterin­gs aan alle soorte vervoer aangebring, pleks van splinternu­we idees.

Nuwe stralers is dalk ligter of meer brandstofd­oeltreffen­d as hul voorganger­s, maar verskil nie soveel van die heel eerste kommersiël­e stralers nie. Dieselfde kan van nuwe motors, skepe, treine en selfs fietse gesê word. Die moderner weergawes lyk beslis anders en funksionee­r baie beter, maar dit werk in beginsel nog dieselfde as die eerste motors, skepe, treine en fietse.

Dit gaan alles binnekort verander.

 ??  ?? Bestuurder­lose motors is dalk gou algemeen op ons paaie.
Bestuurder­lose motors is dalk gou algemeen op ons paaie.
 ??  ?? ’n Bestuurder­lose motor as deel van Uber se toetsprogr­am in San Francisco.
’n Bestuurder­lose motor as deel van Uber se toetsprogr­am in San Francisco.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa