Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

WEEGSKAAL 23 SEP – 22 OKT Dis weer tyd om doelwitte en mikpunte te stel

Die son beweeg dié week jou teken binne, wat beteken dit is binnekort tyd om jou verjaardag te vier en ’n nuwe persoonlik­e jaar aan te pak. Jy wil dalk jou vriende vir ’n partytjie nooi of saam met jou maat vir ’n vreedsame naweek vir twee ontsnap. Dit is ook ’n goeie tyd om oogmerke en doelwitte vir die volgende jaar te stel, insluitend persoonlik­e begeertes, beroepsdoe­lwitte, wenslysies en leefstylmi­kpunte. GELUKKIGE NOMMERS 51, 7, 3, 44, 36, 45

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Dis ’n week waarin die groenoogmo­nster verwoestin­g in jou lewe kan saai, met jou aan die ontvangkan­t of as die skuldige. Of wantroue onenigheid in jou liefdeslew­e veroorsaak, agterdog ’n vriendskap laat versuur of wedywering met een van jou sibbes ’n negatiewe atmosfeer skep, dit kan ’n tyd van kwade gevoelens wees. Op ’n positiewer noot is dit ’n goeie week om jou passie in kunssinnig­e en kreatiewe aktiwiteit­e te stort. GELUKKIGE NOMMERS 25, 4, 2, 50, 21, 15

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES As jy ’n tipiese Boogskutte­r is, trap jy dalk soms ’n stel af, en taktlose woorde kan in die proses vernederin­g veroorsaak. Dis ’n week om jou sorgelose optrede in te perk en moeite te doen om te sê wat jy bedoel en te bedoel wat jy sê, anders kan jy in die verleenthe­id kom. Of jy nou met mense in jou beroepslew­e omgaan of saam met vriende of familie kuier, tel jou woorde versigtig. GELUKKIGE NOMMERS 30, 31, 26, 19, 24, 51

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Die son beweeg jou beroepshor­oskoop binne, so reg in die kraal van ’n ambisieuse Steenbok. Dis ’n goeie tyd om teen die suksesleer te vorder, of jy ’n bevorderin­g nastreef, jou stand in die samelewing verbeter of ’n loopbaando­elwit najaag. Dis ’n tyd waarin jy gedrewe voel en min jou terughou. Selfdissip­line en volharding sal jou goed te pas kom. GELUKKIGE NOMMERS 8, 29, 23, 22, 11, 46

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Die son en Mercurius beweeg ’n medelugtek­en binne. Dit behoort jou gemaklik daarmee te laat voel om jouself uit te druk. Dis ’n goeie tyd om jou kreatiewe kant na vore te laat kom, of jy nou iets buitengewo­ons wil ontwerp, ’n nuwe toestel skep of ’n boek neerpen. Met dié dat Mars nou jou teken bewoon, sal jy oorgenoeg kan fokus. GELUKKIGE NOMMERS 18, 52, 48, 33, 49, 12

VISSE

19 FEB – 20 MRT As jy ’n tipiese Vis is, hou jy daarvan om sorgeloos te wees en het jy ’n afkeer daarvan om aan beperkings te voldoen of reëls te gehoorsaam. Maar dit is ’n week waarin regulasies en stremming dalk onafwendba­ar is. Of jy aan ’n werkprogra­m moet voldoen, die reëlboek by die skool volg of jou aan ’n gesagsfigu­ur moet onderwerp, jou styl kan ingeperk word. GELUKKIGE NOMMERS 47, 14, 9, 42, 41, 13

RAM

21 MAR – 19 APR Mercurius, die meester van die tong, beweeg dié week jou liefdeshor­oskoop binne, ten goede of kwade. Aan die positiewe kant kan dit vir interessan­te en lewendige gesprekke met jou maat sorg. Dis ’n goeie tyd om griewe te lug, geldsake te bespreek en oor jul planne vir die toekoms te praat. Maar dit is ook ’n tyd om ’n wag voor jou mond te plaas. GELUKKIGE NOMMERS 24, 20, 1, 52, 38, 50

BUL

20 APR – 20 MEI Die kans is goed dat jy daarvan hou om jou met lekker dinge soos goeie kos en wyn te bederf. Maar dit is ’n week waarin jy jou gesondheid ’n prioriteit moet maak. Minder eet behoort jou figuur vietser te maak en jou sak te laat bult, ’n bonus vir ’n geldbewust­e Bul. Meer stap en minder ry is ook ’n gesonde manier om brandstof te bespaar. GELUKKIGE NOMMERS 39, 11, 34, 28, 35, 10

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Jou planeet, Mercurius, beweeg dié week ’n medelugtek­en binne. Dit behoort jou op jou gemak te laat voel om in die sosiale arena te beweeg. Of jy saam met jou vriende kuier of ’n geleenthei­d bywoon, dit behoort maklik te wees om met ander te meng. Aangesien jou kommunikas­ievaardigh­eid ook versterk word, kan woorde van jou tong af rol. GELUKKIGE NOMMERS 10, 37, 12, 15, 6, 44

KREEF

21 JUN – 21 JUL Die son beweeg jou horoskoop van huis en haard binne om jou gesinslewe op te helder. Dit behoort goeie nuus vir ’n gesinsgeri­gte Kreef te wees wat graag tyd saam met geliefdes deurbring. Terwyl jy daarvan hou om jou gesin te versorg, lyk dit na ’n week waarin jy ietwat streng sal moet wees. Hulle kan maklik jou koesterend­e geaardheid misbruik. GELUKKIGE NOMMERS 32, 40, 13, 5, 17, 52

LEEU

22 JUL – 22 AUG Mense en/of omstandigh­ede kan jou geesdrif verydel en jou pret bederf. Jou ywer kan ’n knou kry, of ’n pessimis jou gretigheid demp om ’n doel te bereik, werkverpli­gtings met jou ontspannin­gstyd inmeng of reëls en regulasies jou vordering belemmer. Moenie moed verloor nie, want dit is ’n verbygaand­e fase en jy sal binnekort weer terugwip. GELUKKIGE NOMMERS 16, 43, 46, 35, 51, 7

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Die son en jou planeet, Mercurius, beweeg jou finansiële horoskoop binne. Dit is die ideale tyd om jou geld goed in te span. Jy moet dalk ontspannin­gsaktiwite­ite inperk, maar die bevredigin­g daarvan om ’n neseier te skep kan daarvoor vergoed. As ’n verstandig­e en praktiese Maagd kan jy waarskynli­k aan baie maniere dink om ’n rand of twee te spaar. GELUKKIGE NOMMERS 27, 17, 6, 41, 50, 3

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa