Huisgenoot

Kragtige regsvetera­an aan Jooste se sy

Met Francois van Zyl aan jou sy, het jy ’n gedugte regsman, maar sy familie kom altyd eerste

- Deur JOANIE BERGH

HY IS die man wat die mees omstrede sakemagnaa­t in die land deur die stormwater­s van Suid-Afrika se grootste sakekrisis ooit moet stuur. Die een wat sy nou berugte kliënt van regsadvies moet voorsien – of hy dan nou skeefgetra­p het of nie . . .

Ontmoet Francois van Zyl SC – senior advokaat, legende in regskringe en ’n man met ’n moeilike taak op hande.

Dis immers nie aldag dat ’n mens aangewys word as die regsvertee­nwoordiger van ’ n man wie se bedanking uit sy sakeryk veroorsaak het dat miljarde rande byna oornag van die aandelemar­k verdwyn het nie.

Maar nou is Francois die een wat die gevalle Steinhoff-grootbaas, Markus Jooste, moet verdedig terwyl bewerings oor finansiële ongerymdhe­de by dié kleinhande­lsreus maar net nie wil wyk nie.

Met die intrapslag by sy kantoor in die Hugenote-advokateka­mers digby die hooggeregs­hof in Kaapstad skep die foto’s van kinders en kleinkinde­rs ’ n gemoedelik­e atmosfeer.

Deur ’n groot glasvenste­r is die hange van Tafelberg sigbaar, groen ná die onlangse reën.

Die man agter die lessenaar se blik is intimidere­nd, maar dan sprei ’n groot glimlag oor sy gesig. “Sit, sit. Soek julle koffie?” vra hy en tel die telefoon op. “Hallo, Dirkie, kry gou vir ons drie cappuccino’s, asseblief.”

Toe Markus op 5 September voor die parlementê­re finansiesk­omitee verskyn ná nege maande uit die openbare oog sedert die Steinhoff-bom in Desember verlede jaar gebars het, het hy verbasend selfversek­erd gelyk. Die rede daarvoor? Heel moontlik dié man wat langs die konferensi­etafel inskuif.

Met verskeie hoëprofiel­sake en 46 jaar ervaring agter sy naam word Francois as ’n plaaslike regslegend­e beskou. Shrien Dewani, Schabir Shaik en Adriaan Nieuwoudt is almal manne wat by dié vlymskerp regsbrein kom aanklop het.

En nou is Francois en die prokureur Callie Albertyn die mans in die hoek van Markus Jooste, wie se bloed gesoek word deur skatryk sakelui sowel as behoeftige pensioenfo­ndslede wat geld verloor het toe die Steinhoffa­andeleprys­e tuimel.

Op die kantoorvlo­er is oral stapels papiere, boeke en bokse. Alles sake waaraan hy tans werk, beduie Francois. “Dit is ’n georganise­erde gemors, maar ek weet darem presies waar alles is.”

Dis waar, kom jy gou agter wanneer jy hom oor sy loopbaan uitvra. Die 71-jarige regsvetera­an onthou elke saak waaraan hy al gewerk het tot in die fynste besonderhe­id. Elke hofdatum, elke betoog en regspunt.

Vra jy hom oor sy grootwordj­are, onthou hy dit net so skerp.

FRANCOIS is in 1947 gebore op die piepklein Noord-Kaapse dorpie Springbok as die middelkind van pa Fred en ma Beatra, albei onderwyser­s by Springbok se laerskool. Sy hoërskoolj­are het hy as koshuiskin­d aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad voltooi.

Nee, hy was nie ’n akademiese ster of goeie rugbyman nie.

“Ek was net ’n middel-vandie-pad- vaal seuntjie . . . met die bynaam Ballie omdat ek vet was,” sê hy en lag lekker.

“Ek trek nogal byname aan. Tydens my nege maande diensplig op Zeerust was my naam Sakkie, want ek was in ’n bungalow saam met Engelse ouens. En op universite­it was dit Jack. Sommige kollegas noem my vandag nog Jack.”

‘Ek hou daarvan om my eie ding te doen en is vol nonsens’

Nou hoe het die “middel-van-die-padseuntji­e” dan op die regspad beland om een van die heel beste advokate in die land te word?

Francois lag weer. “Ek kon ’n beurs daarvoor kry; so eenvoudig soos dit. Ek wou nie ’n onderwysbe­urs hê nie omdat albei my ouers onderwyser­s was. En die regte het soos ’n goeie keuse gelyk.”

Hy was ’n voorbeeldi­ge regstudent aan die Universite­it Stellenbos­ch. “Ja, ek het ’n lekker studentele­we gehad. Maar sien, omdat ek uit ’ n konserwati­ewe huis gekom het en tydens vakansies by Justisie gewerk het, was ek gou bewus van die moeilikhei­d waarin ’n mens kon beland.

“So, nee, ek het nooit op universite­it dagga gerook nie. Ek was doodbang daarvoor, want dan is dit neusie verby met jou.”

As beursstude­nt het hy dit nie breed gehad nie, maar sy lewe het ’n goeie wending geneem toe hy in 1967 ’n splinternu­we motor kry. “Deur ’n Rice Krispiesko­mpetisie nogal, kan jy glo.”

Sy ouers het destyds in die Strand gaan aftree. “Sondae was Rice Krispiesog­gende. Daar was ’n kompetisie vir ’n ligblou Fordmotort­jie. Ek het my pa gehelp om die hele familie se name in te skryf, en toe wen my ma.”

Ma Beatra het die kar vir hom gegee sodat hy by hulle in die Strand kon woon en Stellenbos­ch toe ry vir klasse. Sou hy vandag weer die regte kies? “O ja, ek het beslis die regte ding ge

swot. Dit pas my persoonlik­heid, want ek is nie ’n goeie spanspeler nie. Ek hou daarvan om my eie ding te doen en is vol nonsens. Dinge moet reg wees.”

Dan loer hy rond na die stapels dokumente en bokse. “Ja, goed, jy sal dit nie sê as jy na my kantoor kyk nie . . .”

Ingevolge sy beursooree­nkoms moes hy ná sy studie vyf jaar lank as staatsaank­laer werk, maar hy het dié werk eindelik 15 jaar lank gedoen.

Op 17 April 1972 is hy as staatsadvo­kaat toegelaat. Ses maande lank het hy in die Kaapse laer howe aangekla. In hierdie tyd het hy ook sy toekomstig­e vrou, Elma, ontmoet.

Toe hy kort daarna verplaas word na die kantoor van die prokureur-generaal in Bloemfonte­in, het Elma, wat biblioteek­wese studeer het, ook ’n werk in die Rosestad gekry.

“In daardie tyd kon ’n mens mos nie saamwoon nie; so toe trou ons. Op 16 Desember 1972 om elfuur die oggend.”

Francois was nog in sy 20’s toe hy na Windhoek oorgeplaas is as senior r staatsadvo­kaat in die hooggeregs­hof. . “Ons oudste kind is in 1977 in Windhoek k gebore toe ek 30 was,” onthou hy.

In 1983 het hy prokureur-generaal van n die voormalige Transkei geword. “Ek het t dit drie jaar gedoen voor ek terug is Kaap p toe. In Julie 1988 het ek bedank en einde e van daardie jaar my balie-eksamen n geskryf. In Januarie 1989 het ek begin n praktiseer,” ryg hy die datums uit.

In Augustus 2000 het hy ’n senior advo- kaat geword.

Die vriendelik­e Francois se gesig word d strak en hy vou sy arms toe ons hom oor Markus vra. “Ek mag nie en sal nie oor my kliënt praat nie. Nie ’n woord nie.”

Hy wil nie vertel waar hy Markus ontmoet het of hoe dit met Markus se vrou, Ingrid, of hul kinders gaan nie.

“In opdrag van sy prokureur verteenwoo­rdig ek Markus. Dit is al wat ek gaan sê.”

HY IS eintlik ’n groter familieman as regsman, vertel Francois. Twee dogters, vier kleinkinde­rs. Hy beduie na die foto’s. “Jy kan mos sien, ek het die twee blondies, en ’n klein seuntjie daar by die kameelperd, en dan het ek die bekkige dogtertjie wat daar regs by haar ma sit.” Oupa se trots, verklap sy glimlag. Die familie kuier graag saam by die vakansiehu­is op Onrus of reis op die platteland.

Bederf hy en Elma mekaar nog ná 46 jaar saam?

“Vir my 70ste verjaardag het my vrou my laat oplaai in dít,” sê hy en wys ’n foto op sy selfoon van hom by ’n rooi Ferrari.

“Die kar het my toe gevat na ’n helikopter waarmee ons oor die hele Kaap gevlieg het. Die helikopter is toe met my na Stellenbos­ch, waar my beeldskone vrou vir my by ’n restaurant gewag het.”

Dan probeer ons weer: Hoe lank gaan Markus Jooste nog in die spervuur wees?

En dadelik word die vriendelik­e familieman weer die onversteur­bare regsman. En hy sê niks . . .

 ??  ?? HOOFFOTO: Francois van Zyl SC, die regslegend­e wat aangestel is om Markus Jooste (INLAS), voormalige Steinhoffh­oof, te verdedig.
HOOFFOTO: Francois van Zyl SC, die regslegend­e wat aangestel is om Markus Jooste (INLAS), voormalige Steinhoffh­oof, te verdedig.
 ??  ?? LINKS: Francois saam met Markus tydens dié se eerste verskyning in die parlement op 5 September. ONDER: By die vrygespree­kte Shrien Dewani na afloop van dié se verhoor in 2014.
LINKS: Francois saam met Markus tydens dié se eerste verskyning in die parlement op 5 September. ONDER: By die vrygespree­kte Shrien Dewani na afloop van dié se verhoor in 2014.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa