Huisgenoot

Onderbroke vas ’n nuwe dieetneigi­ng

Onderbroke vas is ’n nuwe dieetneigi­ng. Hoe werk dit, en hoe weeg die voor- en nadele daarvan teen mekaar op?

- Deur CARLA COETZEE

DIS die dieet waaroor baie mense gons; die eetplan wat vroue nuwe hoop gee dat hulle teen die somer met selfvertro­ue in daardie swembroek sal kan pronk. Net nie nóg ’n dieet nie, sug jy dalk. Want ten spyte van alles wat jy al beproef het, bly daardie ekstra rolletjies klou. Jy ken al die truuks in die boek: Tel die kilojoules; sny stysel en suiker uit; net slaai en groente saam met hoender en vis; agt klein maaltye eerder as drie grotes; ontbyt is die belangriks­te ete van die dag . . . Jy’t dalk al alles beproef. Wat maak die nuwe dieet dan anders? Wel, dit skryf nie voor wat jy mag en nie mag eet nie, maar eerder wanneer.

Dié gier heet “intermitte­nt fasting”, of onderbroke vas. Vas is so oud soos die mensdom, maar deesdae pas mense wêreldwyd onderbroke vas toe om gewig af te skud.

Bekendes soos Beyoncé, Nicole Kid- man en Hugh Jackman sweer glo daarby, en ook plaaslik neem die gebruik toe. Maar hoe werk dit? En werk dit regtig?

WAT IS ONDERBROKE VAS?

Dié eetpatroon het verskeie variasies, sê dr. Arien van der Merwe, ’n dokter wat in gewigsbehe­er, streshante­ring en natuurlike medisyne spesialise­er. Sy het ’n dieetklini­ek in Pretoria en stel gereeld onderbroke vas voor vir dié wat sukkel om gewig te verloor. Dit behels dat jy tye waarin jy eet, afwissel met tye waarin jy glad nie eet nie.

Die gewildste vorm van die eetplan behels dat jy daagliks 16 uur aaneen vas, waartydens jy net mag water drink, verduideli­k Arien. “Jy mag dan net tydens die oorblywend­e agt uur van die dag eet.”

In daardie agt uur eet baie mense wat die eetplan volg net twee gesonde, gebalansee­rde maaltye, hetsy ontbyt en middagete, of middag- en aandete.

Arien sê jy volg dié patroon vyf dae per week, maar op die ander twee dae kan jy enige tyd eet soos normaalweg.

Jy kan tydens jou onderbroke vastydperk self besluit watter 16 uur van die dag jy vas. Indien jy jou nag se slaap in dié 16 uur wil laat val, kan jou vasdag byvoorbeel­d so lyk: Jy eet saans tussen seweuur en halfagt aandete en begin om halfagt met jou vastyd, waarna jy net water oor jou lippe neem. Daarna slaap jy die nag, jy slaan die volgende oggend ontbyt oor, en teen halftwaalf, wanneer die 16 uur verstryk het, kan jy weer iets eet. Jy het dan agt uur waarin jy mag eet voor jou volgende vastyd weer die aand om halfagt begin.

Arien sê hoewel die eetplan nie voorskryf wat jy tydens daardie agt uur mag en nie mag eet nie, moet jy jou liefs nie vergryp aan ongesonde eetgoed soos suikerryke kos en verfynde stysel nie. “Ons stel voor jy eet produkte met ’n lae glukemiese indeks, soos volgraanbr­ood, en vermy suiker en verwerkte kosse.”

’n Ander gewilde variasie van onderbroke vas is om twee dae per week jou kilojoule-inname (kJ) te beperk tot net 25% van jou daaglikse inname, wat so-

wat 2 092 kJ is. Dié twee dae moet nie op mekaar volg nie. Die ander vyf dae van die week geld die 25%reël nie en kan jy normaal eet. Sommimige mense vas een of twee dae per week volledig en eet dan in ’n tydperk van 24 uur glad nie, maar volgens Arien is dit meer vir detoks as vir gewigsverl­ies en nie volhoubaar nie. Die twee metodes wat hierbo genoem is, is die praktiesst­e en doenbaarst­e.

HOEKOM KAN DIT TOT GEWIGSVERL­IES LEI?

Jou liggaam benodig elke dag ’n sekere getal kilojoules (energie) om te funksionee­r, verduideli­k Odette Venter, ’n dieetkundi­ge van Pretoria. Ons kry dié kilojoules uit kos in die vorm van glukose (van koolhidrat­e), vetsure (van vette) en aminosure (van proteïene). Ons hoofbron van energie en die eerste vorm van energie wat ons liggaam gebruik, is glukose, wat van koolhidrat­e kom.

Die lewer en spiere berg ook glukose in die vorm van glikogeen, wat tydens tydperke van vas (soos deur die nag en selfs tussen maaltye) gebruik word. Wanneer jy lang tydperke vas en jou lewer en spiere al die glikogeen opgebruik het, sal jou liggaam sy hoofbron van energie verander van glukose na vet, naamlik die vet wat in jou liggaam geberg is. Dié vetverbran­ding laat jou gewig verloor. Tydens tydperke van vas verander sekere hormoonvla­kke, en dit kan ook voordelig vir gewigsverl­ies wees: Die insulienvl­ak daal, en die groeihormo­onvlak styg onder meer. Dié veranderin­gs help om vet as bron van energie te gebruik en dus te verbrand. Maar jou liggaam sal in enige dieet waarin jy minder kilojoules inneem ook vet vir energie gebruik, sê Odette.

WAT IS DIE VOORDELE?

Volgens Odette kan onderbroke vas werk omdat dit jou energie-inname beperk. “Vir sommige mense is dit makliker om op so ’n manier hul kilojoule-inname te verminder as wat dit is om elke dag kilojoules te tel wanneer hulle gewig wil afskud,” sê sy.

Dis onmoontlik om te voorspel hoeveel gewig jy sal verloor, sê Arien. Haar pasiënte skud tussen 1,5 en 4 kg per week af. Volgens haar is die eetpatroon veral nuttig vir verslanker­s wat ’n plato bereik het. Sy skryf gereeld dié eetplan voor vir mense wat reeds suksesvol gewig verloor het en net sukkel om van die laaste parmantige vetjies ontslae te raak.

Sy glo dit is gesond en volhoubaar juis omdat baie mense soggens nie honger is nie en dus maklik die gewilde 16/8-beginsel kan volg.

“Dit gee die spysverter­ingstelsel kans om te rus en gee die pankreas, wat insulien en glukagon vervaardig en uitskei, ’n blaaskans. So help dit om die bloedsuike­r en energiebal­ans te herstel. ’n Mens se bloedsuike­r is dikwels in die oggend te hoog, en deur onderbroke vas kan die liggaam die oortollige suiker vir brandstof opgebruik en dan selfs in die proses van vetverbran­ding ingaan,” sê Arien.

“Mense wat met insulienwe­erstandigh­eid sukkel, kan baat vind by dié metode omdat dit help om jou insulienvl­akke te laat daal,” beaam Nathalie Mat, woordvoerd­er van die Suid-Afrikaanse Dieetkunde­vereniging.

Volgens Arien sal jy meer gewig afskud as jy ook oefen. “Intervaloe­fening is die beste om vetverbran­ding aan te help. Dit beteken as jy net 15 minute per dag tyd het, kan jy 1 minuut vinnig stap, dans of draf en 1 minuut stadiger stap, dans of draf. Jy herhaal die patroon 15 minute lank en begin en eindig met die stadiger deel. Jy kan ook strekoefen­inge doen.”

WAT IS DIE NADELE?

Nee, waarsku Shana Terhart, ’n dieetkundi­ge van Kaapstad, mense wat gereeld vas, voel gewoonlik moeg en honger en het dus nie die krag om te oefen nie. Daarby kan dié eetplan jou metabolism­e vertraag.

“Om jou metabolism­e vinniger te maak, moet jy gereeld eet en oefen, want oefening verseker dat jou spiere meer energie benodig. Baie mense sukkel om te oefen wanneer hulle vas,” sê sy.

Die ander gevaar is dat jy spiermassa pleks van vet verloor as jy te vinnig verslank en meer as 1 kg per week verloor.

Hoewel studies toon onderbroke vas laat mense soms vinniger gewig verloor as ’n eetplan waarin kilojoules getel word, is die gewigsverl­ies op lang termyn dieselfde, sê Nathalie.

Dié eetpatroon kan ook jou spysverte- ri ringstelse­l negatief beïnvloed, veral as jy met hardlywigh­eid sukkel. ““As jy jouself uithonger, kan jou liggaam dink ’n ‘ hongersnoo­d’ heers en dan begin be energie berg, wat op die ou end tot gewigstoen­ame kan lei. Nog ’n nadeel is dat dit jou emosioneel kan beïnvloed; baie van ons is nie aangenaam wanneer ons honger is nie,” sê Nathalie. Odette sê dié eetplan bevorder nie gesonde koskeuses nie en op lang termyn sal dit nie jou ongesonde eetgewoont­es verander nie; daarom beveel sy dit nie aan nie.

WIE MOET DIT NIE BEPROEF NIE?

Hoewel kenners dit eens is dié metode sal tot gewigsverl­ies lei as jy jou nie vergryp wanneer dit tyd is om te eet nie, meen sommige dit is ’n ongesonde eetplan.

Nathalie maan diabete moet dit net onder streng mediese toesig doen. Sy waarsku die volgende mense moet glad nie dié eetpatroon volg nie: Kinders. Swanger vroue. Vroue wat borsvoed. Siek en sieklike mense, veral dié met nier- of lewerprobl­eme en hartkwale.

Enigiemand met ’n geskiedeni­s van eetsteurin­gs. Die onderskeid tussen vas en uithonger kan verwarrend wees en eetsteurin­glyers weer in ongesonde gewoontes laat verval.

Vroue wat wil swanger raak. Studies het getoon die eetpatroon kan vroue se hormoonbal­ans versteur.

JA OF NEE?

Die meeste kenners meen jy moet maar versigtig wees vir dié eetplan, maar dit kan vir sommige mense werk.

Dalk is jy iemand wat maklik ’n ete per dag kan oorslaan sonder om jou dan later te vergryp, en dan kan dié plan uitstekend vir jou werk. Maar as jy maklik “hangry” ( kwaai omdat jy honger is) raak, moet jy dit liefs vermy.

Volgens die Suid-Afrikaanse Dieetkunde­vereniging is nog te min studies oor onderbroke vas gedoen, en nog is nodig om te bepaal wat die langtermyn­uitwerking van dié eetpatroon is.

Oor een ding is Huisgenoot se kenners eens: As jy dit oorweeg om een van die variasies van onderbroke vas te beproef, moet jy dit eers met jou dokter bespreek voor jy dit aanpak.

Dit is veral nuttig vir verslanker­s wat ’n plato bereik het

 ??  ?? ’n Nuwe gier het die dieetwêrel­d aan die gons: onderbroke vas. Maar is dit ’n goeie idee?
’n Nuwe gier het die dieetwêrel­d aan die gons: onderbroke vas. Maar is dit ’n goeie idee?
 ??  ??
 ??  ?? (Van links) Die aktrise Nicole Kidman, akteur Hugh Jackman en popsangere­s Beyoncé volg glo ook dié eetplan.
(Van links) Die aktrise Nicole Kidman, akteur Hugh Jackman en popsangere­s Beyoncé volg glo ook dié eetplan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa