Huisgenoot

Soekenjinr­eus Google vier sy 20ste

Die soekenjin wat didie wêreldêld op sy kkop gekeerk hhet, wordd vanjaar 20 en het in ’n enorme maatskappy ontwikkel

- Saamgestel deur RICHARD VAN RENSBURG

DIT is die jaar 1996 en die wêreldwye web is ’n verwarrend­e wildernis van inligting waarin die onervare reisiger maklik verdwaal. Maar in hul koshuiskam­ers by die Stanford- universite­it werk twee slimkoppe hard om die datachaos te tem. Hul geheime wapen? Iets genaamd “Backrub”.

Dis goed Larry Page en Sergey Brin het dié geesteskin­d van hulle herdoop voor hulle dit in September 1998 aan die wêreld bekendgest­el het as Google.

Nou, 20 jaar nadat hulle besef het hulle kan geld maak uit ’ n soekenjin wat jou met die warboel data op die internet help, is Google op almal se vingerpunt­e.

Die naam is ’n woordspeli­ng op die enorme getal “googol” (1 gevolg deur 100 nulle – in Afrikaans ’n “kokol”). Vir die twee baanbreker­s het dit hul sending verwoord: om ontelbare webtuistes vol data te indekseer en “die wêreld se inligting te organiseer en universeel toeganklik en nuttig te maak”.

Vandag is Google, oftewel die beherende maatskappy, Alphabet, waarvan dit die kern vorm, onder die wêreld se vyf topmaatska­ppye. Alphabet het die laaste klompie jare soms vir Apple, Amazon en Microsoft as waardevols­te maatskappy uitgestof.

Google.com is die mees besoekte webtuiste. Larry en Sergey het ook die visie gehad om die video-enjin YouTube, die webtuiste wat die naasmeeste besoek word, op te raap.

Met die 20ste herdenking op hande kyk ons hoe Google ander soekenjins verpletter, ’n nuwe woord geword en ons almal se lewe verander het. AAN DIE BEGIN Larry en Sergey het met hul aanvanklik­e ontmoeting op universite­it in Kalifornië in 1995 “oor omtrent alles verskil”, maar nietemin ’n vennootska­p gesluit om ’n soekenjin te skep. Hulle het die PageRank-algoritme (’n verwysing na Larry se van) bedink, wat webtuistes volgens die gewildheid van hul trefwoorde gerangskik het.

Dié tegno-entreprene­urs het dinge toe al anders gedoen. Hulle het die kas vir hul eerste bediener, waarvoor hulle destyds 10 van die grootste beskikbare hardeskywe ( 4 GB elk) saam gevoeg het, met Lego-blokkies gebou.

Teen September 1998 het die twee $1 miljoen dollar (toe sowat R5,5 miljoen) onder familie, vriende en beleggers bymekaarge­skraap en is Google Inc. gebore. Larry- hulle het toe van hul koshuiskam­ers geskuif na hul eerste kantoor, ’n motorhuis wat hulle by Susan Wojcicki, vandag YouTube se baas, gehuur het.

Google het nou vergane soekenjins soos AltaVista en Infoseek oorskadu. Maar in 1999 het die twee vennote hul jong maatskappy vir ’n skamele $750 000 (toe R4,6 miljoen) aan ’n ander soekenjin, Excite, probeer verkoop. Hulle het blykbaar gevoel hul internetpr­ojek slurp te veel tyd op en hulle moet liewer verder studeer.

Gelukkig vir hulle was die Excite-baas, George Bell, glad nie opgewonde oor hul aanbod nie. Vandag word Google se waarde op meer as $ 760 miljard (R11,8 biljoen oftewel R11,8 duisend miljard) geraam. En George se besluit om destyds nie te koop nie word as een van die domste sakebeslui­te ooit beskou. HUL ANDER UITSKIETER­S Die duo is deur ’n begeerte aangevuur om ’n rits innoverend­e uitskieter­maatskappy­e te hê. In ’n stadium het hul werknemers ’n dag per week af gekry om skeppend oor nuwe projekte te dink.

Hulle het meer as 180 maatskappy­e by die Google- en meer onlangs die Alphabet-stal gevoeg, waaronder die sel-

foonreus Motorola en YouTube.

Die Google-arm van hul ondernemin­g sluit in die soekenjin, die Google Mapsnavige­erprodukte, YouTube en hul Android- mobiele bedryfstel­sel. Dis waar hul grootste inkomste vandaan kom. Hul riskanter ondernemin­gs sluit in:

X: kunsmatige intelligen­sie; hommeltuig­aflewering­s; kontaklens­e wat glukosevla­kke bepaal; bestuurder­lose motors.

Calico: die strewe na lewensverl­enging. Veral Sergey stel belang in ewige jeug.

Beleggings: Met Google Ventures en Google Capital finansier hulle projekte.

ALMAL SE DROOMWERK

Google is al telkens as die wêreld se prettigste werkplek aangewys. Larry en Sergey sê in ’n stigtersbr­ief: “Ons werknemers – Googlers – is alles. Ons bied hulle ongewone voordele, insluitend gratis etes, doktersbes­oeke en wasmasjien­e. Ons weet wat die langtermyn­voordele hiervan vir die maatskappy is.”

By die Googleplex, hul hoofkantoo­r in Kalifornië, sluit die pretkultuu­r in: gratis haarsnye; gim-, swem-, videospele­tjie- en tafeltenni­ssessies op die perseel; droogskoon­makers; masseerkam­ers . . . en Google-fietse in die blou, geel, rooi en groen van die maatskappy, waarmee jy die “Google-kampus” kan platry.

 ??  ?? HOOFFOTO: Larry Page (links) en Sergey Brin, medestigte­rs van Google, in 2008. BO: Die twee in 2003 in Google se rekenaarbe­dienerkame­r.
HOOFFOTO: Larry Page (links) en Sergey Brin, medestigte­rs van Google, in 2008. BO: Die twee in 2003 in Google se rekenaarbe­dienerkame­r.
 ??  ?? Die motorhuis in Kalifornië wat Google se eerste kantoor was.
Die motorhuis in Kalifornië wat Google se eerste kantoor was.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa