Huisgenoot

Meghan se beleweniss­e as hertogin

Hier’s ’n oorsig van Meghan se lewe in haar vuurdoop as koninklike

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

HONDERD dae kan maklik in ’ n oogwink verbyvlieg. Maar dit is ’n ander storie as alle oë op jou gevestig is, elke beweging van jou dopgehou, ontleed en bespreek word en miljoene mense oor die wêreld heen kyk of jy die mas van jou nuwe status opkom.

Vra maar vir enige nuutverkos­e president . . . of vir Meghan Markle.

In haar eerste 100 dae as prins Harry se vrou moes die voormalige Suitsaktri­se nie net by die huweliksle­we aanpas nie, maar ook by ’ n heel nuwe leefwyse vol moets en moenies. Binne ’n bietjie meer as drie maande het haar lewe soos handomkeer verander.

Dis nou benewens die rits veranderin­gs voor haar troudag in Mei toe sy sak en pak dwarsoor die Atlantiese Oseaan Engeland toe getrek, haar loopbaan laat vaar en van nasionalit­eit en geloof verander het.

Meghan (37) het alles opgeoffer om met Harry (34) te trou. Geen wonder die rooikoppri­ns lyk die gelukkigst­e wat ons hom nog gesien het nie.

Hier is ’n kykie na haar eerste 100 dae as die hertogin van Sussex – wat sy alles beleef, gedoen en gedra het.

Dis nou nie juis die nuwe toevoeging tot die gesin wat aanhangers van die koninklike­s in gedagte gehad het nie, maar dis ’n stap in die regte rigting…

In Nottingham Cottage, Harry en Meghan se knus liefdesnes­sie by Kensington­paleis, klink die getrippel van vier pootjies op, want hulle het ’n nuwe brakkie in hul huis en harte verwelkom.

Die paleis wou nie oor hul nuwe vierpootvr­iend kommentaar lewer nie, maar ingeligte bronne meen dis waarskynli­k ’n hondjie wat ’n tuiste gesoek het, soos die twee honde wat Meghan uit ’n skuiling aangeneem het toe sy nog in Kanada gewoon en gewerk het. Bogart, haar herdershon­d-labrador-kruising, was te oud om die reis na Brittanje aan te pak en moes by ’n vriend agterbly. Maar Guy, haar beagle, het saamgetrek en is sekerlik nou in sy noppies met sy nuwe speelmaat.

“Die hond het hom reeds in hul kothuis tuisgemaak,” het ’n bron aan die dagblad Daily Mail gesê. “Hy het selfs ’n bollieskop­pie met ’n monogram daarop.’’

 ??  ?? Prins Harry en Meghan steel ’n soentjie ná ’n polowedstr­yd vir liefdadigh­eid in Julie.
Prins Harry en Meghan steel ’n soentjie ná ’n polowedstr­yd vir liefdadigh­eid in Julie.
 ??  ?? REGS BO: Meghan en Bogart. REGS: Die hondeliefh­ebber Harry tydens ’n besoek aan ’n welsynshon­deskool in 2010.
REGS BO: Meghan en Bogart. REGS: Die hondeliefh­ebber Harry tydens ’n besoek aan ’n welsynshon­deskool in 2010.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa