Huisgenoot

SMS’E

-

Anoniem van die Noord-Kaap, jou storie oor hoe jy op skool afgeknou is

(Wenbrief, 6 September), is soortgelyk aan myne. ’n Mens dra die seer soveel jare, maar die boelies gaan met hul lewe voort asof niks ooit gebeur het nie. ANONIEM

Rakende die brief oor kinders wat hul ouers verstoot

(My Storie, 6 September): ’n Mens kry ook die kind wat omgee, maar lelik deur sy ma behandel word. Hy gee uit sy hart uit. Dis genoeg om enigeen se hart te breek. KIND MET ’N HART

Gefrustree­rde ma, jy slaan die spyker op die kop

(Briewe, 6 September). Ek verpleeg al 40 jaar en sidder as ek dink wie my eendag gaan verpleeg. Die behandelin­g in hospitale het soveel verander sedert ek my opleiding gehad het. NURSIE

Dit is hartseer dat ’n mens se woord vir baie mense nie meer tel nie.

Jou woord is die mens wie jy is. Iemand wat bedoel wat hy sê en doen, het goeie inbors. Dit is iets wat in dié chaotiese wêreld stadig maar seker aan die verdwyn is. ANONIEM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa