Huisgenoot

DRIE GROOT SAKE

-

1. ADRIAAN NIEUWOUDT (1984-’86)

Francois was die aanklaer in hierdie berugte diamantsaa­k. Nieuwoudt is verhoor en skuldig bevind weens die diefstal van 25 vuurhoutji­eboksies vol ongeslypte diamante. Hy het 11 jaar tronkstraf gekry, wat later tot agt jaar verminder is.

2. SCHABIR SHAIK (2005)

Met Francois aan sy kant is Shaik skuldig bevind aan klagte van bedrog en korrupsie. Hy is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, maar is in Maart 2009 op mediese parool vrygelaat ná net meer as twee jaar agter tralies.

3. SHRIEN DEWANI (2010-’14)

Shrien is aangekla van die ontvoering van en huurmoord op sy vrou, Anni, op hul wittebrood in Kaapstad. Francois en die advokaat Pieter Botha (wat onlangs die bylmoorden­aar Henri van Breda verdedig het) het die hooggeregs­hof oortuig die biseksuele Shrien het geen moordmotie­f gehad nie. Shrien is in 2014 vrygelaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa