Huisgenoot

HYPERLOOP

-

Verbeel jou jy kan teen 1 200 km/h of vinniger reis – dit sal jou net oor ’n uur neem om van Kaapstad tot in Johannesbu­rg te ry. Dis vinniger as wat ’n mens tans tussen dié twee stede kan vlieg.

Dis hoe vinnig die Hyperloop, die SuidAfrika­ans gebore miljardêr Elon Musk se supervinni­ge vervoerste­lsel, mense sal kan vervoer. Passasiers sal in “kapsules” in lae

druktonnel­s teen hoë snelhede tot by hul bestemming “geskiet” word. Die tonnels word van dik, sterk staal gebou en kan baie hoë druk hanteer.

Die stelsel stelse sal deur elektrisit­eit aangedryf word en van magnetiese velde gebruik maak maa om die kapsules binne die tonnels te t laat “sweef”. Groot, sterk suiers sal byna al die lug uit die tonnels suig sodat daar ook nie windweerst­and is soos wat stralers in die atmosfeer ervaar nie.

Op dié manier word enige moontlike wrywing uitgeskake­l, wat die hoë snelhede moontlik maak. Dit klink dalk na wetenskaps­fiksie, maar die maatskappy Virgin het reeds die eerste Hyperloop-tonnel in die woestyn in Nevada, Amerika, begin bou.

Vir ’n passasier sal dit voel asof jy in ’n hysbak ry, en anders as in ’n vliegtuig sal jy nooit turbulensi­e ervaar r nie. Buite die tonnel sal dit klink soos ’n wind nd wat waai.

 ??  ?? Hyperloop One se toetstonne­l in die woestyn w noord van Las Vegas, Nevada. XP-1, X die kkapsule wat vir toetse gebruik word, w het op 15 Desember 2017 ’n spoed van 387 km/h km behaal.
Hyperloop One se toetstonne­l in die woestyn w noord van Las Vegas, Nevada. XP-1, X die kkapsule wat vir toetse gebruik word, w het op 15 Desember 2017 ’n spoed van 387 km/h km behaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa