Huisgenoot

GATSBY MET MASALA-STEAK

-

Gatsbys is heerlike straatkos. Ons maak dié variasie in braaibrood­jievorm wat goudbruin en bros oor die kole gebraai word. GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 45 MIN. MASALA-STEAK 15 ml (1 e) olie 250 g steakrepie­s 1 ui, grofgekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 15 ml (1 e) geroosterd­e masala 2,5 ml (½ t) borrie 250 ml (1 k) beesvleisa­ftreksel sout en peper SMEERSOUS 125 ml (½ k) mayonnaise 45 ml (3 e) mango-atjar 2 brandrissi­es, gekap (opsioneel) GATSBY 1 groot ciabatta ’n hand vol koljanderb­lare 100 g cheddar, gerasper 1 porsie slaptjips Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai en plaas ’n rooster hoog oor die kole.

1 Masala-steak Verhit die olie en roerbraai die steakrepie­s tot bruin. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai nog 1 min. 2 Voeg die masala, borrie en aftreksel by en laat 30 min. prut of tot die vleis sag is. Voeg nog water by as die vleis te vinnig droogkook. Geur met sout en peper.

3 Smeersous Meng alles. 4 Gatsby Sny die boonste doppie van die brood af, indien verkies (dit verseker dat die brood brosser braai). Sny die brood in die lengte in die helfte. 5 Smeer albei dele van die brood aan die binnekant ruimskoots met die sous. 6 Versprei die koljander oor die onderste helfte van die brood. Skep die steak op en sprinkel die kaas oor. Pak die tjips bo-op en plaas die ander helfte van die brood boop. Rooster die gatsby oor die kole tot goudbruin aan weerskante en tot die kaas in die middel gesmelt het. Sny in porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa