Huisgenoot

AMARULA-EN-KANEEL-DON PEDRO

-

Ons maak dié alkoholies­e melkskomme­l met Amarula, kaneel en karamelsou­s. Sit dit voor as ’n koue poeding. GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 5-10 MIN. KARAMELSOU­S 50 g botter 125 ml (½ k) ligbruinsu­iker 125 ml (½ k) room 5 ml (1 t) vanielje ’n knippie sout MELKSKOMME­L 500 ml (2 k) roomys 250 ml (1 k) melk 5 ml (1 t) fyn kaneel 60 ml (¼ k) Amarula, opsioneel VIR AFRONDING

ekstra kaneel 1 Karamelsou­s Smelt die botter in ’n kastrol. Voeg die bruinsuike­r en room by die botter; roer aanhoudend oor matige

hitte tot die suiker gesmelt is. 2 Bring die sous tot kookpunt en laat 5 min. stadig prut. Verwyder van die hitte en roer die vanielje en sout by. Hou eenkant tot afgekoel.

3 Melkskomme­l Plaas die roomys, melk en kaneel in ’n diep bak. Pols fyn met ’n staafmenge­r en voeg die Amarula by, indien gebruik. Pols tot goed gemeng. 4 Versoet die melkskomme­l met die karamelsou­s soos verkies. 5 Vir afronding Verdeel die melkskomme­l tussen 6 klein bekers. Sprinkel ekstra kaneel oor en sit onmiddelli­k voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa