Huisgenoot

Nuut op die rakke

Geniet twee feiteboeke oor die wonderwêre­ld van die natuur

- Deur ELNA VAN DER MERWE – HANNES WIESE

LIVING SHORES – INTERACTIN­G WITH SOUTHERN AFRICA’S MARINE ECOSYSTEMS Deur GEORGE BRANCH & MARGO BRANCH (Struik Nature, R450*)

SOWAT agt jaar gelede het ek my eksemplaar van die 1981uitgaw­e van Living Shores in ’n tweedehand­sboekwinke­l gekoop. Deur die jare het ek dit gereeld in strandhuis­e en op lektore se boekrakke gesien, en ek was bly om eindelik my eie een in die hande te kry.

Tussen al die ure se lees en leer oor die see waarin ek swem, die strande waarop ek loop en die visse wat ek nie gevang kry nie, het ek nie gedink ek sal eendag die geleenthei­d kry om tou te staan sodat die skrywers my twee boeke kan teken nie. ( Ja, ek was so gelukkig om die nuwe een present te kry.)

Om daar te staan met meer as 35 jaar se passievoll­e lewenswerk in tasbare hardeband tussen my en die twee toegewyde mense, het my opnuut laat besef hoe belangrik dit is om jou passie na te streef.

George en Margo Branch het met die eerste uitgawe reeds vir ons ’n kosbare bron van dieper kennis oor die see- en kuslewe gegee. ’n Aanhaling uit die boek maak ook duidelik hoekom hierdie kennis so belangrik is, veral in die lig van die mens se uitwerking op oseane en die seelewe: “In the end we will conserve only what we love. We will love only what we understand. We will understand only what we are taught.”

Die Branche dra hul eie en vele ander se navorsing oor op ’n manier wat almal kan verstaan sodat ons ook kan help bewaar aan die wesens en omgewing wat ons kus en see maak wat dit is.

Living Shores is vir mense wat die punt waar land en see mekaar ontmoet, wil verstaan. Met sorgvuldig­e beskrywing­s van alles van die ontstaan van kuslyne en seestrome tot die manier waarop al die lewende wesens wat ’n mens daar aantref mekaar beïnvloed, is die boek ideaal as ’n vertrekpun­t vir wetenskapl­ikes maar ook vir leke.

Die getal hoëgehalte-volkleurfo­to’s is aansienlik uitgebrei. Nuwe navorsing oor bewaringsm­etodes en -programme is ingewerk, asook nuwe bevindings deur die biologiese navorsing van spesifieke organismes en hul interaksie met mekaar.

As jy in die see- en kuslewe belangstel en in hoe ons moet maak om negatiewe invloede op die omgewing te bekamp, is Living Shores vir jou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa