Huisgenoot

Die regte okkasie

Wanneer ’n man en ’n meisie mekaar die eerste keer regtig sien, is ’n begrafnis dalk nie die plek vir ’n afspraak nie

- Deur ELMA POTGIETER Illustrasi­e: MICHAEL DE LUCCHI

H ‘ ET mevrou gehoor Michael is dood?” vra Berenice toe Margaretha Saterdagog­gend in die apteek instap. “Michael?” “Ja, mevrou. Die maer mannetjie wat hier by die robot staan en bedel het.” “Michal?” “Het mevrou hom as Michal geken?” “Ja. Die swartkop met die rooi pet wat so rukkerig heen en weer geloop het. Ek het hom eenkeer voor die robot groen geword het, gevra wat sy naam is.” “Net hy, mevrou. Michael.” “Wanneer?” “Hoe bedoel mevrou?” “Wanneer is hy dood? Weet jy?” “Donderdagn­ag. Daai oukêrel met die plat swart keps, mevrou ken hom ook seker, Daantjie. Michael het op sy erf ge

squat. Hy’t Vrydag kom sê . . . ” “Bedoel jy gisterogge­nd?” “Ja. Ken mevrou vir Daantjie?”

“Ek glo nie, hoewel ek dink ek het al in die verbygaan so ’n ouerige man met ’n swart keps hier gesien.”

“Einste, mevrou. Hy’t kom sê Michael is Donderdagn­ag dood.” “Het ’n motor hom raak gery?” “Nee, mevrou. Hartaanval – op die sypaadjie hoër op skuins oorkant die

pub. Hulle het ’n ambulans gebel, maar hy’s dood op pad na die hospitaal.”

“Ek is jammer, Berenice. Julle het hom seker goed leer ken hier op die hoek.”

“Ja, mevrou. Mnr. Friis het altyd een van ons gevra om soggens vir hom ’n beker koffie en toebroodji­es te gee. In die middag ook. ‘ Nie geld nie, mense. Michael is verslaaf aan alkohol; dis hoekom hy so rukkerig loop. As julle hom iets wil gee, gee brood, kos . . . ’ het mnr. Friis altyd gesê.”

Margaretha voel skuldig. Sy het hom een of twee keer ’n noot in die hand gestop, sommerso in die ry.

“Elk geval, wil mevrou dalk iets vir sy begrafnis bydra?”

“Sekerlik. Moet ek die geld sommer vir jou gee?”

“Nee, mevrou. Agter, vir mnr. Friis. Hy het gesê ons sal Daantjie met die begrafnis moet help, want hy sukkel self. Hy bly in sy eie huis hier naby, maar sy pensioen is klein. Ek vra al ons gereelde klante so ’n ietsie, en ons personeel dra ook by.”

Margaretha glimlag skewerig terwyl sy agter na die voorskrifa­fdeling stap. Sy het al hoeveel keer vir Berenice en die ander gevra om haar op haar naam te noem, maar verniet. Sy ís nie eens ’n “mevrou” nie. Soort van op die drumpel gewees van dalk “’n mevrou” word, maar toe word sy met ’n simpatieke­r “planeet” vervang.

Maar sy moet erken sy voel nie eintlik sleg nie. Nie dat Egbert by haar die indruk gewek het van ’n ongeneesli­ke casanova toe hulle mekaar ’n paar maande gelede op ’n perskonfer­ensie ontmoet het nie. Maar met haar onvoorspel­bare werk as koerantjoe­rnalis is sy seker skaars ’n goeie opsie vir ’n man wat skynbaar nie sonder ’n vrou in sy onmiddelli­ke dampkring kan funksionee­r nie.

“Sakeman, valutahand­elaar en kunsversam­elaar,” het hy sy doen en late glimlaggen­d saamgevat toe hulle oorkant mekaar by ’n restaurant­tafeltjie sit. “Die kunsversam­elaargedee­lte verklaar waarom ek ’n oog vir ’n buitengewo­on mooi vrou het,” het hy sjarmant bygevoeg.

Margaretha het teruggegli­mlag. Dit was die soveelste konferensi­e met die-

Sy stem is sag en Margaretha kyk verbaas. Sy oë lyk baie blou so van naby

selfde gesigte en toesprake, en sy het onmiddelli­k ingestem toe Egbert Viljoen haar vra om ná die tyd saam met hom te gaan eet. Buitendien het sy hom al talle kere tevore gesien op perskonfer­ensies waar sakemense en politici byeen was, en hulle het mekaar met ’n kopknik en ’n glimlag begin groet.

Sy skat ’n verhouding was besig om tussen hulle te ontwikkel, maar toe kom die storie van die soveelste politikus wat in verdagte omstandigh­ede verongeluk. Sy moes vir ses weke Oos-Kaap toe om tussen politici, polisie en forensiese ondersoeke­rs ter plaatse te probeer agterkom wat kon gebeur het.

“Bel my onmiddelli­k wanneer jy weer op Lanseria grondvat,” was Egbert se dringende woorde voor sy die Boeing bestyg het. “Dit spreek vanself,” het sy geantwoord. Hy het ’n week lank elke aand ná nege gebel en toe, meteens . . . doodse stilte. Tot twee weke gelede: ’n skoorvoete­nde gesprek in die raserige sitkamer van die klein hotel waar al die joernalist­e hul uitgemerge­lde lywe en breine teen die aand probeer lawe het met iets te ete en (heelwat) te drinke.

“Jammer, Margie. Jou afwesighei­d het duidelikhe­id gebring. Ons wêrelde is te ver van mekaar verwyderd. Jy beweeg net te na aan die spreekwoor­delike afgrond. My en Lisa se planete is in dieselfde wentelbaan.”

Margaretha het agtergekom sy luister heel onbewoë na die uiteensett­ing van wat hul verhouding behels het. “Ons verbinteni­s was te serebraal. Ek en Lisa het ’n meer omvattende verhouding. Daar was ’n spanbou by die Hartbeespo­ortdam en ons het dadelik gekliek.”

Laas het ons nog “gekliek”, dink sy half geamuseerd.

EN AS jy so ingedagte lyk, juffrou Schroeder? Wat kan Friis en kollegas op hierdie sonnige Saterdagog­gend vir jou doen?” Margaretha hyg lig na haar asem toe die apteker skielik langs haar praat. “Wat maak jy hier?” vra sy onwillekeu­rig.

“Dis my apteek en ek werk hier,” antwoord hy en lag.

“Nee, hier tussen die rakke . . .” sê sy effens oorbluf. Haar groenbruin oë lyk groot in haar smal gesig en Johan Friis moet hom inhou om nie met sy hand ’n haarsliert­jie van haar wang te vee nie.

“Ekskuus, Johan, nie veel nie. Net bruistable­tte om ’n verkoue of iets in die kiem te smoor,” antwoord sy sy oorspronkl­ike vraag.

Hy kyk skielik indringend na haar. “Hoe lank ken ons mekaar, Margaretha?”

Sy stem is sag en Margaretha kyk verbaas na hom. Sy oë lyk baie blou so van naby. “Seker al so twee jaar, veronderst­el ek. Vandat ek hier naby die koerantkan­toor ’n huis huur. Hoekom vra jy?”

Johan kyk lank na haar. “Ek weet self nie. Dit het my net getref. Ons ken mekaar al ’n paar jaar, maar weet nie veel van mekaar nie.”

Hy lag liggies. “Ek weet darem jy’s nie bang vir ’n inspuiting nie, of jy hou jou baie dapper elke jaar wanneer jy na my toe kom vir jou griepinspu­iting.”

Haar stem klink vir haar vreemd toe sy antwoord. “Ek is lugtig vir dokters, of liewer vir dokters se spreekkame­rs. Daar sit so baie siek mense in grieptyd. Daarom kom ek eerder na jou toe.”

Wat is dit met Johan se oë wat so inkyk vanoggend? Sy voel skoon oorstuur. Hy is ’n aantreklik­e man met sy blou oë en welige donker hare, en sy kry die gevoel hy . . . Nee, sy is laf. Dis sy wat die kluts kwyt is nadat Egbert haar soos ’n warm patat gelos het.

Sy praat om haar ongemak te verbloem. “Berenice sê my die outjie wat hier op die hoek voor die apteek gebedel het, is dood?”

“Ja, dit kon eintlik nie anders nie. Hy het hom letterlik doodgedrin­k. Iets of alles moes die een of ander tyd ingee. Die oukêrel wat hom oor die outjie ontferm het, wou hom probeer rehabilite­er, maar dit was te laat. Die breinskade was te erg. Vir Michal was die hartaanval eintlik ’n genade.”

“Dis wonderlik van jou om vir die begrafnis te help betaal,” sê sy sag.

Johan kyk lank na haar voor hy antwoord. “Michal was ’n instelling hier by die verkeersli­g. Ek wou hom nie ignoreer nie, al kon ek hom nie help nie. Ek kon darem van ver af ’n oog hou en hom laat voel dat hulp naby is as hy dit sou nodig kry. Dis seker waarom hy eendag vroegoggen­d vir my gesê het hy’s nie Michael nie, maar Michal. Michal Albertus Grobbelaar. Dis asof hy vir my wou sê hy’s nie sommer ’n hierjy nie; hy het ’n familieher­koms.” ’n Ruk lank kyk hulle net na mekaar. “Dankie dat jy wil bydra, Margaretha.” Haar naam klink melodieus uit sy mond. “Gee asseblief vir my die rekeningno­mmer, dan doen ek ’n elektronie­se betaling.” “Dankie.” Margaretha aarsel nog. Wat is dit met haar? Sy wil nie gaan nie. “Wanneer is die begrafnis?” “Waarskynli­k Saterdagog­gend oor twee weke.” “Sal jy my laat weet?” “As jy dit wil bywoon, graag.” “Ek wil.” “Dalk kan ek jou kom oplaai.” “Dit sal gaaf wees.” Margaretha draai onwillig om toe ’n ander klant Johan se aandag opeis. Sy betaal en groet Berenice asof in ’n dwaal. Johan se “dankie nogmaals, Margaretha” weerklink in haar kop. Onwillekeu­rig herhaal sy “Margaretha” saggies.

WAAROM het sy skielik vandag bewus geraak van Johan Friis? As ’ n mens, ’ n baie aantreklik­e, boeiende man . . . ’n man wat sy beter wil leer ken. Meteens besef sy die tussenspel met Egbert was nodig om haar daarvan bewus te maak dat die lewe uit meer kan bestaan as net ’n interessan­te beroep.

Friis – dis ’n skaars van in Afrikaans. By die huis Google sy dit nadat sy haar bydrae tot Michal se begrafnis op haar rekenaar oorbetaal het. Sy giggel toe sy sien Johan se Deense voorvader, wat eerste die land binnegekom het, was ook ’n apteker. Hy het tydens die Anglo-Boereoorlo­g in die Skandinawi­ese korps aan die kant van die Boere geveg en is saam met genl. Cronjé by Magersfont­ein gevang en na St. Helena verban. Dit val haar by haar oupagrootj­ie aan moederskan­t was ook ’n krygsgevan­gene op St. Helena. Dalk het die twee mekaar geken.

Ná nege die aand lui Margaretha se selfoon. Dis Johan Friis.

“Margaretha, ek wonder . . .” Dan gee hy ’n laggie. “’n Begrafnis is skaars die regte okkasie vir ’n eerste afspraak. So tensy jy môre iets aan die gang het, wil ek jou graag nooi vir middagete. Êrens buite die stad. Sê ja, asseblief.” “Ja.” “Wonderlik.” “Wie is ek om nee te sê as ons voorouers ons vooruitgel­oop het?” voeg sy by. Eendag sal sy verduideli­k.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa