Huisgenoot

Hou jou troeteldie­r viets en fiks

Vetsug by troeteldie­re is aan die toeneem. Hier is raad om jou troeteldie­r viets, fiks en gesond te hou

-

IS JY skuldig daaraan om vir jou hond of kat ’n smaaklike teetydhapp­ie of dalk ’n skelm brokkie onder die etenstafel te voer? Hoewel jou troeteldie­r sekerlik vir jou lief sal wees, bewys jy sy gesondheid geen guns nie. Vetsug onder troeteldie­re is ’n toenemende probleem en veroorsaak ’n heles pul ernstige gesondheid­sprobleme. Trouens, selfs ’n klein hoeveelhei­d ekstra gewig kan groot stremming op ’n dier se gewrigte, asemhaling-en sirkulasie stelsel plaas.

Oktober is Troeteldie­rvetsug maand in SuidAfrika, en veearts elandwyd bied gratis gewig sevaluerin­gs en raad. Jy kan ook self ’n ondersoek by die huis doen.

GESONDHEID­SGEVARE

’n Oorgewig troeteldie­r loop ’n veel groter risiko vir siekte, sê suster Cindy du Preez van die Bakenkop-diereklini­ek in Centurion. “Wanneer troeteldie­re oorgewig is, veroorsaak die toename in vetweefsel algemene inflammasi­e in die liggaam. Dit kan baie probleme veroorsaak, ondermeer vel-en urien wegkwessie­s .” Nog gesondheid­sgevare sluit asemhaling­s-, gewrigs- en rugproblem­e, diabetes, hartsiekte­s, ’n groter narkoseris­iko en ’n swak immuunstel­sel in.

WAT MOET JY DOEN?

Die eerste ding wat ’n eienaar moet doen, is om sy mollige maat op ’n verslankin­gsprogram te sit, sê Cindy. “Praat met ’n veearts of vra raad by ’n diereklini­ek oor die gepaste dieet en wanneer om gereelde weegsessie­s te skeduleer. Om die dier vir ’n program in te skryf, kan eienaars gemotiveer en doelgerig hou.” Die volgende stap is oefening. “Net soos by mense is dit ’n belangrike aspek van enige gewigsverl iesprogram,” sê die Johannesbu­rgse veearts dr. Guy Fyvie. “Baie troeteldie­reienaars meen as hulle ’n groot genoeg werf of veelvuldig­e troeteldie­re het, sal hul diere aktief bly, maar dit is nie altyd die geval nie. As jy nie gereeld met jou troeteldie­r kan gaan stap nie, oorweeg dit om ’n hondestapp­er te kry.” Speletjies is nog ’n moontlikhe­id. “Om ’n bal of speelding te vang is goeie oefening vir jou hond. Gebruik steiltes of trappe vir ’n groter uitdaging.”

Wees op die uitkyk na speelgoed wat aktiewe spel by katte aanmoedig. “Jy kan jou kat ook op nuwe plekke probeer voer en hom vir sy kos laat ‘jag’,” sê Guy.

KOSREËLS

Dit is belangrik dat troeteldie­re se kos vir hul ouderdom, grootte en leefstyl geskik is. Vra jou veearts se raad. “Een grootte pas nie almal nie,” sê Guy.

Verhoed dat jou dier die vetjies aanpak deur die volgende reëls te volg:

Geen tafeloorsk­iet of menselekke­rnye nie. Dit bevat gewoonlik baie vet, suiker of sout, is voedselkun­dig ongebalans­eerd vir diere en kan tot fiemies en bedel lei.

Moenie kos laat rondstaan nie. Veral honde haal soms skelmstrek­e uit. Party maak selfs yskaste oop.

Moenie vir troeteldie­re ’n dieet met baie vet of energie voer as hulle min oefening kry nie.

Meet die kos af; moenie “’n bietjie byvoeg” omdat jy jou vierpootvr­iend jammer kry nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa