Huisgenoot

Casper wys langverlor­e halfbroer

’n Donker familiegeh­eim het daartoe gelei dat Casper eers onlangs uitgevind het hy het ’n halfbroer

- Deur PIETER VAN ZYL

MET sy ronde lyfie en helderkleu­rige kaftan laat Casper de Vries die mense van Krugersdor­p dikwels glimlag sonder dat hy ’n woord hoef te sê. “Kom, Kentie,” roep hy gedurig na sy alomteenwo­ordige metgesel, die straathond wat hy uit Rosendal in die OosVrystaa­t gered het.

Hy trek sy “f***** hoedjie” reg, stap met sy hande agter sy rug. Want daar is alewig mense wat wil groet en ’n palm in sy hand wil plak.

Dié geliefde Afrikaanse komediant laat die land al dekades skater. Maar agter die vlymskerp humor het jare lank ’n familiegeh­eim geskuil – een wat Casper van- dag eksklusief aan Huisgenoot onthul. Dis die verhaal van sy oorlede onderwyser­pa, Casper sr., se vlietende verhouding met ’n matriekmei­sie byna ses dekades gelede – een waaruit ’n liefdesbab­a gebore is.

Casper (nou 55) het twee jaar gelede nog glad nie geweet hy het ’n ouer halfbroer nie. En hoewel Albie van der Linden (nou 57) sedert hy 21 jaar oud was, geweet het Casper is sy halfbroer, het hy eers in 2016 gereed gevoel om Casper te kontak.

“Ek het altyd gedink ek moet op die regte oomblik wag,” vertel Albie. Maar toe neem Albie se seun, Jacin (30), die besluit namens hom.

Hier sit die twee nou langs mekaar en gesels die eerste keer openhartig oor die bloedlyn wat jare lank deels verswyg is.

Casper vertel sy pa was destyds ’n Pretoriase onderwyser, maar die matriekmei­sie – Albie se ma – was van ’n ander skool. “Dit was nie soos die Jan Scholtz- fliek Môre, Môre, waar die onderwyser en die meisie in dieselfde skool was, nie,” spot hy.

Maar dan is Casper weer ernstig hier waar ons laatmiddag by sy huis in ’n platteland­se woonkomple­ks naby die Wieg van die Mensdom boerewors braai. “Niemand behalwe die familie se binnekring weet hiervan nie,” sê hy.

Hy begin die verhaal nes ’n intro vir sy show: “In die jaar van ons Heer 2001 was ek in my kantoor besig . . .”

“Ek het admin gedoen vir Die Casper Rasper Show. My ma, Henriëtte, het uit die bloute ingekom en gevra oor die foto van ene Van der Linden in my laai. Hy was een van die dansers in my program.

“My ma vra toe: ‘Het hy iets vir jou gesê; jou probeer afpers?’ Toe ek nee sê, antwoord sy: ‘O, oukei, vergeet daarvan.’ ”

In 2016, 15 jaar ná daardie amper vergete voorval met sy ma, kry hy ’n boodskap in sy Facebook-inmandjie van ene Jacin van der Linden: “Casper, weet jy dat ons familie is? Sal jy omgee as ek verduideli­k . . . Ek dink jy en my pa is broers.”

Kort daarna is ’n ontmoeting gereël by Montecasin­o in Johannesbu­rg. Toe Casper by die afgespreek­te plek opdaag, kon hy Albie dadelik eien. Sy “nuwe” ouboet had immers hul oorlede pa se gelaatstre­kke – nes Casper.

Casper se eerste woorde toe hy sy broer die eerste keer ontmoet? “A, daar is jy!”

KOEIE bulk êrens terwyl hulle in die skemerdonk­er kraal toe drentel. By die vuur raak die broers gemaklik vir die groot gesels.

Ironies was Albie toe nie die danser op die foto wat Casper se ma 15 jaar gelede so ontstel het nie, hoewel daar ’n uiterlike ooreenkoms was.

Maar soos die toeval dit wou hê, was Albie óók in die televisieb­edryf. Aan die tegniese kant by die SAUK en daarna aan die produksiek­ant by M-Net, vertel hy.

Albie en Casper was selfs eenkeer in dieselfde vergaderin­g by M-Net se ateljees in Johannesbu­rg. Albie het toe al geglo Casper is sy broer, maar Casper het nie geweet nie. “Daar was ander mense en ek wou toe niks sê nie,” sê Albie.

’n Oomblik lank sien jy Casper se humorsin in Albie se glimlag.

Ja, sê Casper, hy onthou daardie dag by M-Net. “Ek onthou nie gewoonlik sulke lukrake ontmoeting­s nie.”

Bietjies-bietjies kleur die twee broers die prentjie in.

Casper en sy oorlede ma, Henriëtte, was baie na aan mekaar. Hy was immers haar laatlam. Sy ouer broer Henri het op 23 sy eie lewe geneem. Sy ander broer, Herman, is nou 64.

Toe hy in 2016 daardie Facebookbo­odskap van Jacin kry, het hy sy ma op die stoep van sy destydse woonplek in Muldersdri­ft die waarheid gevra.

“Ma, nou moet jy my mooi vertel. Ek het ’n snaakse boodskap gekry dat pa ’n ander kind het. Ek onthou jou reaksie oor daardie foto. Kom ons gesels nou lekker.” En toe begin die verhaal ontvou . . . In 1960 is Casper se ma en haar twee oudste seuns vir ’n paar weke Holland toe. Casper sr. (toe 32) het in Suid-Afrika agtergebly, waar sy sussie Hettie Roux (toe 36) tydelik vir hom huisgehou het. In daardie tyd is Casper sr. na ’n makietie op ’n Bosveldpla­as naby Zeerust, waar Albie se ma ook teenwoordi­g was.

Die plaas het behoort aan die ouers van Albie se 18-jarige ma, wie se naam hy nie wil noem nie.

Wat presies tussen Casper sr. en die meisie gebeur het, weet niemand wat vandag nog lewe nie. Maar kort ná die plaasmakie­tie het Casper sr. ’n rukkie by sy gesin in Holland aangesluit.

Ná die De Vries-gesin se terugkeer na Suid-Afrika het Casper sr. se suster Hettie ’n oproep van die meisie se pa gekry. “Sy is in die ander tyd,” het hy gesê.

Toe Casper sr. daaroor gekonfront­eer word, het hy glo net gesê: “Ek weet nie of dit myne is nie.”

Wat toe tussen sy ouers gebeur het, weet Casper nie. Net dat daar babakleert­jies na die Zeerust-plaasgesin gestuur is. Op 9 April 1961 is Albie gebore.

Twee jaar later is die laatlam Casper gebore. “Ek dink ek was dalk my ma en pa se make-up- baba,” vertel Casper.

As kind is Albie doelbewus laat glo sy ouma is sy ma. Sy ware ma het hy as sy “sussie” geken.

“Ek was 21 toe hulle my die waarheid vertel,” sê Albie. “Hulle het gesê die geheimhoud­ing was om my te beskerm.”

In 1983 het Albie vir Casper sr. gebel en vir hom gesê hy weet hy is sy pa. “Hy het gesê: ‘Ek het nie geld nie,’ en die foon neergesit,” vertel Albie hartseer.

Casper sr. is in 2000 op die ouderdom van 70 oorlede. Tot op sy laaste het hy nooit oor Albie gepraat nie. In 2013 is Albie se ma oorlede. Maar verlede jaar, voor Casper se ma op 89 oorlede is, het Casper vir Albie aan haar voorgestel.

Sy ma het dadelik ’n band met Albie gesmee, vertel Casper. “Sy het vir hom gesê: ‘Toemaar, dit was mos nie jou skuld nie.’ ”

Casper vertel sy ma het gewens sy kon Albie se ma ontmoet om aan haar te sê sy is nie kwaad vir haar nie. “Al waaroor sy kwaad was, was dat my pa ons so lank van Albie weggehou het – ons kon met nog ’n boetie grootgewor­d het.”

HY EN Albie het meer as net uiterlike ooreenkoms­te van hul pa geërf, sê Casper. “Die wil om mense iets te leer en die kreatiwite­it het deurgesype­l. “En sy hardkoppig­heid.” Ja, beaam Albie. Albie woon tans in Krugersdor­p. Hy en Casper kuier deesdae gereeld saam. Albie is ook gedurig by Casper se vertonings.

“Ek dink hy gaan soms te ver met die p-woord,” sê Albie gemaak streng. “Ek hou baie van Pretoria,” kap Casper terug.

Maar soos dit met dié broers gaan, is daar nog ’n ironiese kinkel.

Casper het hul pa se as vir Albie belowe. Maar in Augustus is daar by Casper se vorige woonplek in Muldersdri­ft ingebreek en die houtkissie met die as is gesteel.

En so is Albie weer die kans ontneem om iets tasbaars te hê van die pa wat altyd afwesig was . . .

 ??  ?? HOOFFOTO: Casper de Vries by sy langverlor­e broer, Albie van der Linden, by Casper se huis in Sterkfonte­in. BO: Die broers het albei ’n droë humorsin.
HOOFFOTO: Casper de Vries by sy langverlor­e broer, Albie van der Linden, by Casper se huis in Sterkfonte­in. BO: Die broers het albei ’n droë humorsin.
 ??  ?? Casper se broers Herman (links) en Henri en hul ma, Henriëtte, in 1960 in Nederland.
Casper se broers Herman (links) en Henri en hul ma, Henriëtte, in 1960 in Nederland.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa