Huisgenoot

Genl Jannie se minnares kon nie groet

Die vrou wat beweer sy was 16 jaar genl. Jannie Geldenhuys se minnares, vertel van haar lang vergeefse stryd om hom te sien voor hy sterf

- Deur HILDA VAN DYK en MARELIZE POTGIETER Foto’s: LUBABALO LESOLLE

VOOR haar geestes- oog sien sy hom m nog op haar stoep p sit. En wanneer sy y op haar sitkamerrb­ank neersak, ontthou sy hoe hulle le ander kere daar in mekaar se arms gelê het. Terwyl sy in die kombuis voor die wasbak staan, onthou sy ook hoe hy haar van agter omhels en styf teen en hom vasgedruk het.

Katie Sweeney begin lag toe sy verertel hoe sy en die generaal dikwels ure lank oor die foon gesels het. Dit was intieme gesprekke, vertel sy. Ja, dááráárdie soort intiem.

Hy was in sommige kringe een van die bekendste mans in Suid-Afrika; a; ’n gerespekte­erde soldaat en skrywer van boeke oor die Grensoorlo­g.

Landwyd het mense die man met et sy kenmerkend­e snor en uniform as genl. Jannie Geldenhuys geken. Hy was tussen 1985 en 1990 die bevelvoerd­er van die Suid-Afrikaanse Weermag.

Maar vir haar was hy haar liefling; 16 jaar lank haar minnaar en sielsgenoo­t.

Dit is byna twee dekades waarvan Katie (61) nou net herinnerin­gs oorhet. Noudat hy dood is, sal hy haar nooit weer omhels nie en sal hy nooit weer in haar arms lê nie.

Die feit dat hy getroud was en sy vrou, Marié, nie vir haar verlaat het nie, het haar nooit gepla nie, “want hy het ’n plig as man gehad”.

Daarby het sy vrou en kinders geweet van hul verhouding, beweer sy in ’n openhartig­e onderhoud in die huis waar sy soveel geluk saam met hom ervaar het.

Katie is net oor een ding spyt: dat sy nie die laaste drie jaar en vier maande van sy lewe saam met hom kon wees nie. Dat hy nie weer haar liefde kon ervaar soos sy dit vir hom wou gee nie.

En dat hy onlangs, in die ouderdom van 83 jaar en ná jare se lyding aan alzheimers­iekte, in George oorlede is sonder dat hy geweet het hoe hard sy baklei het om by hom te wees.

Sy wys ’n foto van hulle twee saam. Katie het ’n rooi hemp aan; Jannie ’n blou baadjie. “Dit is geneem die laaste dag dat ons mekaar gesien het,” sê sy.

Die datum is in haar hart ingebrand: 25 Mei 2015.

“Elke keer wanneer ek hom by sy huis in Pretoria gaan aflaai het, het ek hom tot siens gesoen. In my hart het ek vir

myself gesê ek weet nie of dit die laaste keer sal wees nie. Want ek het nooit geweet of hy dalk aan ’n hartaanval sal doodgaan of ek in ’n motorongel­uk nie.”

Min het sy geweet die foto in haar hande sou hul laaste dag saam vaslê.

Twee dae nadat die foto geneem is, het Jannie se oudste dogter, Annamarié, glo in ’n e-pos aan Katie gesê dis die laaste; sy en Jannie mag mekaar nie weer sien nie. Kort daarna het Marié glo vir Katie dieselfde ding oor die foon gesê. Alzheimers­iekte het toe sy houvas op die generaal gehad en hy het nie ’n keuse gehad nie.

Katie het keer op keer probeer bel, maar Jannie se nommer was nie meer op die netwerk beskikbaar nie. Sy het privaat speurders en prokureurs genader, maar niemand wou haar glo help om ’n ontmoeting met die generaal te reël nie.

Soms het sy ure lank in haar motor buite sy huis in Waterkloof, Pretoria, gesit.

Toe Jannie se familie sy huis wou verkoop, het vriende van haar die skoudag gaan bywoon net om Jannie te probeer sien. En toe ’n vriendin Jannie en sy gesin in ’n restaurant sien, het Katie daarheen gejaag om met hom te praat. Ná net ’n paar minute is sy verjaag, beweer sy.

Haar laaste hoop was ’n onlangse aansoek in die hof in George, waar die verswakte Jannie sedert begin vanjaar in ’n versorging­soord gewoon het.

“Net om hom te kon groet,” verduideli­k Katie.

Sy het die hof versoek om ’n kurator aan te stel wat na Jannie se persoonlik­e welstand sou omsien, en ook vir toestemmin­g om hom te sien. Maar toe sterf Jannie op 10 September, dae voor die aansoek aangehoor sou word.

Die glimlag waarmee sy hom onthou, maak plek vir ’n frons.

“Jannie is dood sonder dat hy ooit geweet het hoe hard ek vir hom baklei het. Dit maak my hartseer. Ek het nooit die kans gekry om hom te groet nie.”

KATIE huil nie een keer terwyl sy enkele dae ná Jannie se dood van haar verlies vertel nie. Daarvoor is sy te kwaad. Kwaad vir die onreg wat Jannie aangedoen is. Kwaad dat sy hom nie “uit daardie omstandigh­ede” kon kry nie.

Sy sit op ’n wit rusbank in die leefvertre­k van haar meenthuis in Midrand. Sy is sedert verlede jaar ’n pensioentr­ekker en het vandag ’n grys-en-wit rok aan, haar “troue- en begrafnisr­ok”, sê sy.

Sy vertel eers van die goeie tye wat sy en die generaal saam beleef het. Hulle het mekaar in 1993 op ’n vlug van Londen na Johannesbu­rg ontmoet. Katie, wat toe nog in Montreal, Kanada, gewoon het, het in daardie stadium gereeld na Suid-Afrika gevlieg omdat sy dit oorweeg het om hierheen te verhuis. Sy het toe in die lugdiensbe­dryf gewerk, maar wil nie sê wat haar werk behels het nie.

Hy het daardie dag op die vliegtuig ’n grys pak gedra. Dit was liefde met die eerste oogopslag, sê sy. Tog het hul verhouding nie dadelik intiem geraak nie.

Deur die jare het hulle mekaar af en toe gesien, maar byna daagliks telefonies gesels.

Toe sy in 1999 van Kaapstad na Johannesbu­rg verhuis, het sy in haar eerste week in die Goudstad in ’n hotel tuisgegaan. Daardie eerste aand het hul verhouding begin.

In die jare daarna het sy saam met hom aan sy vier boeke, onderskeid­elik oor die politieke landskap in Suid-Afrika en die Grensoorlo­g, gewerk en dikwels saam met hom deur die land gereis. Sy gesin moes geweet het, glo sy.

Oral om haar is foto’s van haar en Jannie in silwer en goue fotorame. Sy tel een foto op van Jannie in sy uniform. Hy lyk

‘Jannie is dood sonder dat hy ooit geweet het hoe hard ek vir hom baklei het’

vir haar baie aantreklik daarin, al het sy hom dit nooit sien dra nie, want hul verhouding het begin nadat hy uit die weermag uitgetree het.

Maar hy was eintlik vir haar sexy in enigiets, vertel sy. “Hy was lief vir daardie los Kubaanse hemde. Ek dink ek het vir hom agt of nege laat maak op Mauritius, in verskillen­de kleure, elke keer wanneer ek daar was vir sake.”

Agterop die foto is een van vele briefies wat hy deur die jare vir haar geskryf het. “Ek kan nie doen wat ek doen sonder jou nie,” staan daar geskryf. Sy soen die man op die foto saggies. “Dit is omdat ek hom so liefhet dat ek nooit opgehou het om te baklei nie. Ek het my elke keer in mure vasgeloop, maar ek wou nie toelaat dat sy laaste dae verloop soos dit het nie.”

Katie glo vas Marié en Jannie se volwasse kinders, Annamarié, Bruwer en Lollie, het hom “soos ’n gevangene” in sy huis aangehou nadat alzheimers­iekte by hom gediagnose­er is en hy ál swakker geword het. Sy beweer hulle het sy selfoon gevat, hom verhoed om haar te sien en hom van sy kennisse afgesonder.

Met Huisgenoot se vorige besoek aan Katie, in Augustus 2015, het sy hom 12 weke tevore laas gesien. Toe het sy gesê: “Ek het ’n gevoel ek gaan hom nie weer sien nie. Nie voor hy doodgaan nie.”

Net meer as drie jaar later het dié woorde waar geword.

In die dokumente van die aansoek wat toe nooit in die hof aangehoor is nie, sê sy: “Ek wens om die pasiënt (soos na Jannie in die hofstukke verwys word) te sien voor hy doodgaan. Net om afsluiting vir ons verhouding te kry. Ek wil hom nie ontstel nie. Ek wil net hê ons moet behoorlik tot siens sê voor hy sterf.”

Dis vir haar verskrikli­k om te dink hoe dit vir Jannie moes gevoel het om haar nie te kon sien nie. Voor daardie laaste dag in Mei 2015 het hulle dikwels naweke saam deurgebrin­g. Soms het Jannie in die week oorgeslaap. Wanneer hulle nie bymekaar was nie, het Jannie haar sommer 10 keer per dag gebel.

Sonder Jannie was haar lewe eensklaps leeg. Soms het sy dae lank niks geëet nie. Snags het sy heelnag in die bed rondgerol en moes sy slaappille drink. Haar drang om maniere te vind om hom te sien het haar dae begin oorheers.

Langs Katie lê ’n lêer vol dokumente. Die afgelope drie jaar het sy boekgehou van elke oproep, elke krummeltji­e inlig- ting oor sy bewegings. Sy ryg die datums uit van die kere dat Jannie haar gebel en gesê het hy wil haar sien.

“Hy het vir my gesê hy word in die huis toegesluit en sy motorsleut­els is gevat. Ek het hom gesmeek om net uit die huis te kom; ek sou hom gaan oplaai. Maar hy kon nie uit die huis kom nie. Ek sou enigiets doen om by hom uit te kom.”

Katie beweer sy het Jannie se gesin vergeefs gesmeek om hom te sien. Selfs toe hy voor sy familie in daardie Pretoriase restaurant vir Katie sê hy wil haar ook sien, wou hulle dit nie toelaat nie.

Eendag het ’n gemeenskap­like kennis vir Jannie gaan kuier. Dié persoon het foto’s van hom geneem en die foto’s van haar sigbaar verswakte geliefde toe vir haar gewys, vertel Katie.

“Dit het my hart gebreek om hom so te sien. Ek kon niks vir hom doen nie.”

HAAR laaste gesprek met Jannie was in April vanjaar. Die oudgeneraa­l was toe reeds in die versorging­soord in George, en sy het hom op ’n landlyn gebel. “Hy het duidelik gepraat en dadelik geweet wie ek is. Ons het 10 minute lank gepraat. Ek het hom gevra of hy wou hê ek moes vir hom gaan kuier. Hy het ja gesê.”

In Mei vanjaar is sy en haar prokureur na die versorging­seenheid in George, maar ’n regsgeleer­de vriend van die Geldenhuys-familie het haar prokureur glo gebel en gesê: “Sê vir haar om weg te gaan en van hom te vergeet.”

Hulle moes na Midrand terugkeer sonder dat sy Jannie kon sien.

Katie het aangevoel die hofaansoek sou waarskynli­k haar laaste kans wees.

Nadat haar prokureur die aansoek by

die hof ingedien het, het Jannie se gesin se regsvertee­nwoordiger, Rinette Basson, in ’n regsbrief gereageer: “Genl. Geldenhuys is in die laaste terminale fase van sy lewe. Hy is nie in staat om met enige van sy familieled­e te kommunikee­r nie. Die hartseer werklikhei­d is dat sy lewensverw­agting ure, of op die beste ’n dag of twee, is.”

Rinette het die brief glo gestuur namens Annamarié, wat haar pa se geldsake in daardie stadium bestuur het.

Selfs in die laaste dae het Katie by monde van haar prokureur weer die familie gesmeek om Jannie te sien, maar dit het eers op dowe ore geval.

Minder as ’n week ná Rinette se brief was Jannie dood.

Katie was die Maandagogg­end van sy dood besig om haar tasse te pak om na George te reis toe nog ’n oudgeneraa­l haar met die nuus bel.

Toe kon sy amptelik begin rou oor die man wat nooit heeltemal hare kon wees nie, al was hy die liefde van haar lewe.

“Ek het in my hart altyd geweet ek sal hom nie vir ewig hê nie. Maar ten minste het ek hom lank die liefde gegee wat hy nêrens anders gekry het nie.”

Sy is ’n oomblik stil. “Ek het eenkeer vir Jannie gesê ek wens ek het hom in sy gloriejare as weermaghoo­f geken. Toe sê hy: ‘Jy is my gloriejare.’ ”

Jannie Geldenhuys se vrou, Marié, en kinders, Annamarié, Bruwer en Lollie, het deur ’n familievri­end, Frans du Randt, op Katie se bewerings gereageer.

Katie het ’n geruime tyd saam met Jannie gewerk toe hy boeke geskryf het, sê Frans. “Dit was ’n profession­ele verhouding waarvoor sy betaal is. Sy het die Geldenhuys-familie en die generaal se dankbaarhe­id vir haar dienste verkeerdel­ik as toenaderin­g deur die generaal geïnterpre­teer.”

Hy sê Katie het “gebruik gemaak van sy afhanklikh­eid en dit as aanduidend van ’n emosionele verhouding gesien” en voeg by: “Aangesien sy gesondheid­stoestand progressie­f verswak het, was dit vir die familie noodsaakli­k om in te gryp, wat ’n pynlike proses was.

“Dit het ook aanleiding gegee tot giftige en venynige aantygings deur me. Sweeney sonder om die generaal of enige van sy gesinslede se gevoelens in ag te neem.”

Volgens Frans het Katie “tydig en ontydig ’n oorlas van haar gemaak”, soos in die restaurant waarna sy verwys.

“Sy het min respek getoon vir ’n huwelik wat al jare bestaan. Indien genl. Geldenhuys ernstig oor haar gevoel het, sou niks hom gekeer het om vyf of 10 jaar gelede al van sy vrou te skei nie.”

Frans sê Jannie het aan ’n vriend vertel dat hy “fouteer het deur haar te na aan hom toe te laat en daardeur sy familie seergemaak het”.

Frans sê Jannie se motorsleut­els is nie “sonder rede” van hom weggeneem nie. “Hy kon nie meer veilig bestuur nie en het gedurig verdwaal.”

Volgens Frans was Jannie nie ’n gevangene in sy huis nie en het sy familie hom “gereeld uitgeneem”.

Hy sê Jannie se familie het hom goed versorg en beskerm en sy seun het selfs by hom gaan bly om hom te help versorg.

Op Katie se bewering dat die familie haar verbied het om Jannie te sien, sê Frans dat ’n familievri­end met ’n regsagterg­rond wel in Junie 2015 aan haar ’n brief geskryf het om te sê die generaal wil haar nie meer sien nie.

Oor die regstappe wat Katie gedoen het om toegang tot die kliniek te kry, sê Frans die familie het haar toestemmin­g gegee om Jannie te besoek in die teenwoordi­gheid van die Geldenhuys-familie se prokureur. Sy het dit van die hand gewys. Katie sê haar prokureur het die boodskap dat sy Jannie mag sien minder as 24 uur voor die beplande afspraak gesien, en dit was te kort kennisgewi­ng vir haar om betyds ’n vliegkaart­jie van Johannesbu­rg na George te kry.

Jannie is drie dae later oorlede.

‘Ten minste het ek hom lank die liefde gegee wat hy nêrens anders gekry het nie’

 ??  ?? Katie Sweeney sê haar hart is stukkend nadat die liefde van haar lewe, genl. Jannie Geldenhuys, onlangs dood is nadat sy hom jare lank nie gesien het nie.
Katie Sweeney sê haar hart is stukkend nadat die liefde van haar lewe, genl. Jannie Geldenhuys, onlangs dood is nadat sy hom jare lank nie gesien het nie.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Katie en Jannie een jaar tydens ’n Kersfeeset­e wat hulle saam geniet het. NAASLINKS: Die twee tydens ’n besoek aan die Kaap toe hulle ’n boekbekend­stelling gehad het. Sy het hom glo bygestaan terwyl hy vier boeke geskryf het. ONDER: Die generaal in uniform soos die land hom onthou. Sy sê hy lyk vir haar baie aantreklik daarin, al het sy hom dit nooit sien dra nie. Hul verhouding het begin nadat hy uit die weermag uitgetree het, sê sy. VERSKAF
LINKS: Katie en Jannie een jaar tydens ’n Kersfeeset­e wat hulle saam geniet het. NAASLINKS: Die twee tydens ’n besoek aan die Kaap toe hulle ’n boekbekend­stelling gehad het. Sy het hom glo bygestaan terwyl hy vier boeke geskryf het. ONDER: Die generaal in uniform soos die land hom onthou. Sy sê hy lyk vir haar baie aantreklik daarin, al het sy hom dit nooit sien dra nie. Hul verhouding het begin nadat hy uit die weermag uitgetree het, sê sy. VERSKAF
 ??  ?? VERSKAF
VERSKAF
 ??  ?? VERSKAF
VERSKAF
 ??  ?? Katie soen ’n geraamde foto van Jannie. Sy sê sy het drie jaar en vier maande lank baklei om Jannie voor sy dood weer te sien. Maar dit was alles vergeefs.
Katie soen ’n geraamde foto van Jannie. Sy sê sy het drie jaar en vier maande lank baklei om Jannie voor sy dood weer te sien. Maar dit was alles vergeefs.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die laaste foto van die twee saam. Dié dag in Mei 2015 was die laaste dag dat hulle mekaar gesien het. NAASLINKS: Nog ’n foto van hulle saam.
LINKS: Die laaste foto van die twee saam. Dié dag in Mei 2015 was die laaste dag dat hulle mekaar gesien het. NAASLINKS: Nog ’n foto van hulle saam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa