Huisgenoot

Charlene se tweeling gaan skool toe

Prinses Charlene se tweeling, Gabriella en Jacques, het hul eerste skooldag terdeë geniet, en hul ouers het gebars van trots

- EKSTRA BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, HELLOMAGAZ­INE.COM, PEOPLE.COM, INDEPENDEN­T.IE, TIMESLIVE.CO.ZA, US.HOLA.COM

DIE een oomblik is hulle nog bolwang-engeltjies wat in jou arms lê en koer. Die volgende oomblik stap hulle ewe kordaat rugsakkie oor die skouers hul eerste skooldag tegemoet. Haar Deurlugtig­e Hoogheid prinses Charlene van Monaco het dié mylpaal pas in ’ n dubbele dosis beleef toe sy toegekyk het hoe haar driejarige tweeling, Gabriella en Jacques, in hul eerste klaskamer instap.

“Dit was ’n baie trotse dag vir my en my man,” het Charlene ’n paar dae later aan Huisgenoot gesê oor haar en prins Albert se bittersoet ervaring. “Ons was almal opgewonde. Die tweeling kon nie wag om skool toe te gaan nie.”

Soos enige ander ma het sy die oulikste foto’s van die twee blondekopp­ies op Instagram gelaai met net dié opskrif: “Eerste skooldag.”

Albei het jeans en ’n wit polohempie aangehad, maar die ooreenkoms het daar geëindig. Gabriella was pure dogtertjie met pienk strikknipp­ies in haar hare en ’n pienk rugsakkie vol blommetjie­s. Haar boetie se rugsak was donkerblou met prente van seunsdinge soos ’n motor en ’n dier op.

Op die een foto kan ’n mens sien hoe die krulkop prinses sie, wat’ n paar sekondes voor haar boetie gebore is, haar handjie liefdevol op sy skouer sit. Op ’n ander een loop sy ewe dapper voor hom die klaskamer binne.

Dis nie bekendgema­ak by watter skool Albert (60) en Charlene (40) se twee ingeskryf is nie, maar dis moontlik dat hulle die gewone Frans-Monegaskie­se stelsel volg waarvolgen­s kinders van drie tot vyf die école maternelle, oftewel kleutersko­ol, bywoon.

Charlene vertel die kleuters was gek oor hul eerste dag.

“Hulle kon skaars wag om ons alles te vertel toe ons hulle ná skool oplaai. En hulle kon nie wag om die volgende dag terug te gaan nie,” sê die gewese SuidAfrika­anse Olimpiese swemkampio­en.

“Dis vir my en Albert wonderlik om ons kinders te sien grootword en te sien hoe gelukkig en opgewonde en onafhankli­k hulle is.”

DIS duidelik Gabriella en Jacques, wat op 10 Desember vier word, is hul ma se kind. Volgens oupa Mike Wittstock was Charlene ’n “gelukkige en onafhankli­ke meisietjie vol selfvertro­ue”.

Hy onthou haar eerste dag aan die Wendy-kleutersko­ol in Bulawayo, Zimbabwe, nog glashelder. Die gesin het hier gewoon voor hulle in 1989 na Benoni in Gauteng verhuis het.

“Sy was vier jaar oud en ek onthou sy was baie opgewonde oor haar eerste dag. Sy was altyd vol selfvertro­ue en onafhankli­k; glad nie skaam nie. Sy was ook aktief en het heeltyd boom geklim by die kleutersko­ol.”

Hy vertel sy was al op laerskool gek oor swem. Sy is op ses na die Primêre Skool Kumalo voor sy op 10 na die Tom Newbyskool in Benoni is. Hier het sy in die swembad begin uitblink.

“Sy het op laerskool aan al wat ’ n sportsoort is, deelgeneem, maar swem was haar eintlike sterk punt. Sy was ’n natuurlike atleet,” vertel Mike. “Sy wou altyd graag ander help. Ek en Lynette (Charlene se ma) was nog altyd baie trots op haar.”

Charlene se broer Sean (35), ’n sakeman van Johannesbu­rg, is getroud met Chantell, wat haar eie promosiem aatskappy ppy bestuur. Hy y het ook aan- gename herinnerin­gs aan sy suster se laerskoold­ae.

“Omdat ek jonger as sy is, was ons nie lank saam op laerskool nie, maar ek onthou haar as ’n liefdevoll­e ousus,” het Sean aan Huisgenoot gesê.

“Ons het altyd baie pret saam gehad. Charlene kon my en my ouer broer, Gareth (36), vreeslik terg en poetse op ons bak. Maar sy was ook beskermend teenoor ons. Ons was baie na aan mekaar toe ons kinders was.”

Daardie spesiale kameraderi­e tussen sibbes is iets wat Gabriella en Jacques ook geërf het.

“Hulle is kop in een mus. Hulle is nader aan mekaar as wat ons ooit gedink het hulle sou wees,” het Charlene vroeër vanjaar aan die Franse tydskrif Point de Vue gesê. “Jacques is die liefde van Gabriella se lewe. Nie ek of Albert kan in hul verhouding inmeng nie.”

AL HET Charlene haar hande vol met haar bedrywige tweeling, kom sy dikwels na Suid- Afrika vir haar liefdadigh­eidswerk en om haar familie te sien. Sy is die beskermvro­u van talle organisasi­es, insluitend Lifesaving South Africa en haar eie stigting wat kinders leer swem.

Jacques en Gabriella was nog nie hier nie, maar Charlene sê die dag kom nader.

Albert wil die tweeling graag Amerika toe neem om hul beroemde ouma, die oorlede aktrise Grace Kelly, se kant van die familie te leer ken.

Hy het vroeër vanjaar aangekondi­g hy gaan sy ma se grootwordh­uis in Philadelph­ia, waar hy en sy susters, Caroline en Stephanie, kleintyd gekuier het, in kantore omskep vir die Prinses Gracestigt­ing.

“Ek dink dis belangrik dat hulle ’n gevoel kry van waar hulle vandaan kom,” het hy aan NBC se program Today gesê. “Ek onthou hoe ek op die matte rondgerol en met my susters en niggies en nefies gespeel het toe ek so vyf of ses was.”

Hy het ook vertel hoe hy sy tweeling nou al gaan begin voorberei op hul toekomstig­e rolle in die koninklike familie.

In die boek Albert de Monaco: L’homme et le prince (Die Man en die Prins), wat vroeër vanjaar uitgereik is, het hy onthul hoe hy sy seun sal help voorberei op sy rol as erfgenaam van die Monegaskie­se troon.

“Ek sal probeer om hom goeie raad te gee. g Wat belangrik is – en ek weet nou ek moes m dit met meer toewyding gedoen het h toe ek jonk was – is dat hy ons instelling­s l vroeg leer ken en hoe die regering en e die verskillen­de administra­sies werk. Hy H moet ook die mense leer ken, al sal hulle h al seker deur ander opgevolg wees teen t die tyd dat hy oorneem.

“Dit is belangrik dat hy Monaco van binne b leer ken.”

Hy het verduideli­k dat hoewel Gabriella l nie die troonopvol­ger is nie sy ook “haar “deel sal hê om te doen”.

“My susters doen ook baie. Daar sal ’n dag kom dat hulle nie meer so oral teenwoordi­g t sal wees nie, wanneer hulle minder m aktief sal wees en iemand anders dan d hul verantwoor­delikhede sal moet oorneem.” o S

 ?? Deur NICI DE WET ?? HOOFFOTO en LINKS: Prinses Charlene se tweeling, Gabriella en Jacques, het allesbehal­we senuagtig gelyk op hul eerste skooldag.
Deur NICI DE WET HOOFFOTO en LINKS: Prinses Charlene se tweeling, Gabriella en Jacques, het allesbehal­we senuagtig gelyk op hul eerste skooldag.
 ??  ?? BO: Gabriella lei haar broer die skool binne op hul eerste dag. REGS: In Augustus het Charlene, Albert en die tweeling Monaco se jaarlikse piekniek bygewoon. Die kleintjies het tradisione­le drag gedra.
BO: Gabriella lei haar broer die skool binne op hul eerste dag. REGS: In Augustus het Charlene, Albert en die tweeling Monaco se jaarlikse piekniek bygewoon. Die kleintjies het tradisione­le drag gedra.
 ??  ?? LINKS: Charlene in st. 6 in die Oos-Transvaals­e swemspan. NAASLINKS: Prins Albert op vier met ’n sokkerbal by sy kleutersko­ol in Parys. Hy het Monaco later in bobslee op die Olimpiese Spele verteenwoo­rdig.
LINKS: Charlene in st. 6 in die Oos-Transvaals­e swemspan. NAASLINKS: Prins Albert op vier met ’n sokkerbal by sy kleutersko­ol in Parys. Hy het Monaco later in bobslee op die Olimpiese Spele verteenwoo­rdig.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa