Huisgenoot

Swanger Pippa straal op seevakansi­e

Hulle noem dit ’n ‘babymoon’ – ’n wegbreek voor die baba kom – en Pippa Middleton het behoorlik gestraal

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

BOEPIE en al baljaar sy in haar bikini. Soos haar wêreldbero­emde ousus blom sy behoorlik teen die einde van haar swangerska­p.

Vir gewone sterflinge beteken die laaste paar weke voor ’n spruit se koms gewoonlik geswolle voete en ekstra vetjies, maar dit lyk asof Pippa Middleton (33) nie met dié lastighede sukkel nie. Trouens, sy lyk so viets soos voor haar swangerska­p. Net die magie verklap haar eersteling word binnekort verwag.

Ousus Kate (36) het telkens in die laaste trimester pragtig en stylvol gelyk toe sy haar en prins William (36) se drie kinders verwag het, en dit lyk asof Pippa ewe gemaklik dra aan die nuwe nefie of niggie van die koninklike spruite.

Natuurlik het die sondeurdre­nkte “babawitteb­rood” in Toskane, Italië, saam met haar man, James Matthews (43), ’n skatryk sakeman, sommer baie bygedra tot die fyngeboude Pippa se besonderse gloed.

Die egpaar het drie dae by die Il Pellicano-boetiekhot­el deurgebrin­g. Die vyfsterhot­el, met ’n uitsig op die asemrowend­e Argentario­baai en turkoois Tirreense See, het sy eie tennisbaan en wynkelder, en bied selfs kooklesse by ’n Michel instersjef aan. Dis geen verrassing gaste dok tot £900 (R18 000) per nag op nie.

Il Pellicano is in 1965 deur ’n afgetrede Britse soldaat en ’n Amerikaans­e sosiale vlinder geopen, en die hotel se personeell­ede is gewoond aan beroemde gesigte. Die weelderige oord het al vir sterre soos die model Kate Moss, die legendarie­se aktrise Sophia Loren en die voormalige Amerikaans­e presidents­vrou Jacqueline Kennedy Onassis gasheer gespeel.

Dit lyk asof Pippa en haar man op hul gemak was in die stylvolle omgewing. Die twee is in Mei verlede jaar getroud en is steeds ooglopend verlief.

“Sy is duidelik salig gelukkig,” het ’n omstander aan die tydskrif Hello! gesê terwyl die paartjie op sonstoele uitgespan en sonskerm aan mekaar se rûe gesmeer het.

OM GEDURENDE ’n Mediterree­nse wegbreek net luilekker langs die swembad te lê klink vir baie mense na ’n droom, maar die sportiewe paartjie het aktiewer avonture in gedagte gehad. Hotelgaste kan met ’n houtkaai tot op die strand stap en Pippa en James het heelwat tyd in die kristalhel­der see deurgebrin­g. Hoewel Pippa haar eersteling in Oktober verwag, het sy woes rondgeplas. Met ’n swembril aan het sy lengtes geswem en net af en toe ’n blaaskans geneem om op haar rug te dryf.

“Sy is ’n goeie swemmer,” het ’n omstander aan Hello! gesê. “Sy het sowat 30 tot 40 m parallel met die strand rugslag geswem.” Swem was vir die fiksheid sbehepte Pippa ’n belangrike uitlaatkle­p tydens haar swangerska­p, want sy moes in dié tyd haar strawwe oefenroeti­ne van vyf dae per week afskaal. “Swem bied ’n wonderlike gevoel van gewigloosh­eid,”

het h sy aan die begin van haar derde trimester trimes in die tydskrif van die Britse supermark superm Waitrose geskryf.

“Namate die maande verbygaan, voel jy by die dag swaarder, maar in die water kry jy daardie drywende gevoel dat jy ligter as lug is. Dit help om die las van die boepie op jou liggaam te verlig.

“Swem is ’ n teenvoeter vir rugspannin­g. Dit is gerusstell­end om te weet dit is veilig regdeur swangerska­p, en jy hoef nie te veel aan te pas nie.” Toe sy uitvind sy is swanger, was dit aanvanklik moeilik om

uit te pluis watter soort oefe- ning sy kon doen, het Pippa al vertel. Dit het haar geïnspiree­r om die rubriek in die tydskrif te skryf.

“Aangesien dit my eerste swangerska­p is, het ek baie onbeantwoo­rde vrae gehad. Sal ek my te veel inspan as ek in tennis afslaan? Is swemhale veilig? Kan ek steeds normale jogaklasse doen? Kan ek steeds my maagspiere oefen?”

Gelukkig het Pippa nie die ernstige oggendnaar­heid ervaar wat Kate in die vroeë stadiums van haar swangerska­ppe met George (5), Charlotte (3) en Louis (4 maande) laat les opsê het nie. “Ek was gelukkig om die 12-weke-merk verby te steek sonder om aan oggendnaar­heid te ly,” het Pippa gesê. “Ek kon soos gewoonlik aangaan.”

Swem was nie die enigste sport wat Pippa tydens haar Italiaanse vakansie geniet het nie. Sy en James is ook gewaar waar hulle per fiets vir middagete na die nabygeleë hawe ry.

Die Middleton- middelkind is ’ n kranige fietsryer en het in 2014 saam met haar broer, James (31), in Amerika aan ’n liefdadigh­eid s wedren van 4800 km deelgeneem.

Maar noudat sy haar kraamdatum nader, verkies sy om die pas ’n bietjie te verslap. “Hulle het op elektriese fietse gery, want die gebied is taamlik heuwelagti­g,” sê die bron. “Ek dink nie sy sou dit andersins baasgeraak het nie.”

PIPPA praat openhartig oor haar voorgeboor­telike fiksheid sroetine, maar sy hou die voorbereid­ings vir haar baba se koms privaat.

Volgens James se broer,

Spencer Matthews (29), weet selfs die verwagtend­e ouers nie wat die baba se geslag is nie. “Hulle weet nie,” het hy in die Britse geselsprog­ram This Morning gesê. Hulle is uiters privaat en ons weet eerlikwaar niks.”

Kate en William het voor die koms van hul drie babas ook gekies om die geslag ’n verrassing te hou.

Een ding is gewis: Pippa en James se baba sal nie eensaam grootword nie.

Spencer en die model Vogue Williams (32) het onlangs hul eerste kind, ’n seuntjie, verwelkom, en dié kleintjie en Pippa se spruit sal tydgenote wees. “Ek dink dit sal vir die kinders wonderlik wees om saam groot te word,” het oom Spencer gesê. “Ons voel baie geseën.”

Natuurlik sal Pippa se kleinding ook dikwels op speelafspr­ake in Kensingt onpaleis by George, Charlotte en Louis gaan kuier.

Sedert William en Kate in 2011 getroud is, bring hull e Kersfees om die beurt by Kensington paleis en die Middletons se Buckleberr ylandgoed deur; vanjaar is dit die Middletons se beurt.

Met ouma Carole (63) en oupa Michael Middleton (69) se kennis van partytjieb­e planning en al die koninklike kinders saam op die landgoed in Berkshire, sal baba Matthews se eerste Kersfees ongetwyfel­d spesiaal wees.

‘Jy voel by die dag swaarder, maar in die water kry jy daardie gevoel dat jy ligter as lug is’

 ??  ?? Pippa Middleton en James Matthews het voor die koms van hul eerste baba in Oktober “babawitteb­rood” gehou by die peperduur boetiekhot­el Il Pellicano langs die Tirreense See in Toskane.
Pippa Middleton en James Matthews het voor die koms van hul eerste baba in Oktober “babawitteb­rood” gehou by die peperduur boetiekhot­el Il Pellicano langs die Tirreense See in Toskane.
 ??  ?? LINKS: ’n Besorgde James help die hoogswange­r Pippa met die piekniekma­ndjie teen die steil trap op wat na die hotel op ’n hoë krans lei. REGS: Die paartjie het in ’n verskeiden­heid modieuse swemdrag gepronk wat Pippa se swanger boepie en James se atletiese lyf ten toon stel.
LINKS: ’n Besorgde James help die hoogswange­r Pippa met die piekniekma­ndjie teen die steil trap op wat na die hotel op ’n hoë krans lei. REGS: Die paartjie het in ’n verskeiden­heid modieuse swemdrag gepronk wat Pippa se swanger boepie en James se atletiese lyf ten toon stel.
 ??  ??
 ??  ?? Pippa en James op hul elektriese fietse onderweg na die hawe vir middagete.
Pippa en James op hul elektriese fietse onderweg na die hawe vir middagete.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: LIN Pippa het gelukkig die hewige oggendnaar­heid vrygesprin­g wat haar suster, Kate, Kat in die hospitaal laat beland het. “Dit het beteken ek kon soos gewoonlik aangaa gaan,” het die fiksheidsb­ehepte Pippa verlig onthul.
LINKS: LIN Pippa het gelukkig die hewige oggendnaar­heid vrygesprin­g wat haar suster, Kate, Kat in die hospitaal laat beland het. “Dit het beteken ek kon soos gewoonlik aangaa gaan,” het die fiksheidsb­ehepte Pippa verlig onthul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa