Huisgenoot

Rowan Atkinson

Dié geliefde komediant keer terug na die silwerdoek in Johnny English Strikes Again

- Saamgestel deur NICI DE WET

1 Die Mr. Bean-ster (63) se wortels lê ver van die vermaakbed­ryf. Hy het saam met twee ouer broers, Rupert en Rodney, op ’ n plaas naby Consett in Noordoos-Engeland grootgewor­d. Hy was ’n skaam, stil kind en beskryf homself as “introspekt­ief ”.

2 Hy was skoolmaats met die voormalige Britse premier Tony Blair. Die twee het heelwat verskil, sê sy oudskoolho­of. Rowan was “skaam en eenkant” en Blair “besonder spontaan en ’n voorbeeldi­ge leerling wat sy hand vir alles opgesteek het”.

3 Rowan was van jongs af behep met elektriese toestelle en het ná skool elektriese ingenieurs­wese studeer. Hy het ’n meestersgr­aad aan die Queen’s College in Oxford behaal.

4 Die idee vir sy beroemde karakter Mr. Bean het op universite­it ontstaan toe hy deel van ’n teatergroe­p was. Hy het hom aanvanklik Mr. White genoem en toe Mr. Cauliflowe­r voor hy eindelik op Mr. Bean besluit het. Die konsep was “dié van ’n kind wat in ’n volwasse liggaam vasgevang is”, sê hy. “Ek dink mense oor die wêreld heen kan identifise­er met volwassene­s wat soos kinders optree.”

5 Sy deurbraakr­ol was in die komiese BBC-sketsprogr­am Not the Nine O’Clock News. Hierna het hy die hoofrol vertolk in die legendarie­se komedie Blackadder, wat van hom ’n bekende naam gemaak het.

6 Hy hakkel al amper sy lewe lank effens. Dit is hoekom hy meestal onderhoude van die hand wys. Mr. Bean praat skaars en Johnny English het ook nie baie dialoog nie.

7 Hy y is ’n n groot James Bondaanhan­ger en het in 1983 die geleent ntheid heid gekry om ’n ondersteun­ende nde rol in Never Say Never Again saam met Sean Connery te speel. Hy is bevriend met baie

8 van die Britse koninklike­s en was ’n gas op prins William en Kate sowel as prins Charles en Camilla se troue.

9 Rowan is passievol oor motors. Hy het ’n paar Aston Martins en ’n McLaren F1 in sy versamelin­g. Maar moet hom nie ’n Porsche aanbied nie. “Ek voel die tipiese Porsche-persoon is nie my soort mens nie.”

10 Hy is in 2015 ná ’n huwelik van 25 jaar geskei van Sunetra Sastry, by wie hy twee volwasse kinders het. Kort daarna het hy begin uitgaan met die aktrise Louise Ford, wat 29 jaar jonger as hy is. Hy het verlede jaar die derde keer pa geword toe hul dogter gebore is.

‘Jy het nie ’n mooi gesig en heldelyf nodig om suksesvol te wees nie. Wat jy nodig het, is ’n knap brein en die vermoë om op te tree’ – ROWAN ATKINSON

 ??  ?? Johnny English Strikes Again beginop 21 SeptemberH­EEL BO: Rowan Atkinson kap dit uit op die dansvloer in Johnny English Strikes Again, die derde aflewering in die Johnny Englishree­ks, wat in 2003 begin het. BO: Saam met sy meisie, die aktrise Louise Ford.
Johnny English Strikes Again beginop 21 SeptemberH­EEL BO: Rowan Atkinson kap dit uit op die dansvloer in Johnny English Strikes Again, die derde aflewering in die Johnny Englishree­ks, wat in 2003 begin het. BO: Saam met sy meisie, die aktrise Louise Ford.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa