HOËR PRYS (PREMIE) VS. LAER BYBETALING EN ANDERSOM
Jy moet bepaal watter bybetaling jy kan bekostig om te betaal indien iets gebeur. Dit is raadsaam om ’n hoër bybetaling te hê, want dit sal gewoonlik jou maandelikse premie verminder. Vra jou af: As ek in ’n motorongeluk betrokke is, sal ek vir die eerste R3 000 van die herstelwerk kan betaal? Sal ek vir R5 000 kan betaal? Dit sal ’n uitgawe uit jou eie sak wees; daarom moet dit versigtig oorweeg word. Maar ’n verhoging van dié bedrag kan jou maandelikse premie verlaag.