Moenie wegskram van die konflik tuis nie
As ’n Weegskaal is jy waarskynlik ’n vredeliewende siel wat moeite sal doen om konflik te vermy. Maar dit is ’n week waarin botsings en verskille moeilik kan wees om te vermy, veral aangesien dit lyk of kwaai storms aan die tuisfront broei. Dit is dalk nie aangenaam nie, maar kan ’n toets wees vir jou vermoë om jou te laat geld, ’n vaardigheid wat dalk ontwikkeling kort. Wegstap is beslis nie in jou belang nie. GELUKKIGE NOMMERS 33, 21, 24, 1, 31, 10