Huisgenoot

VELE GESIGTE, NET EEN EK

Ná Miems in 7de Laan speel Bertha weer ’n donker karakter, maar eintlik is daar ’n ander rol wat sy die graagste vertolk

- Deur MICHELLE NORTJE

SO HET ons haar nog nooit gesien nie.

Emma, haar saggeaarde 7de Laan-karakter, het destyds diep in kykers se hart ingekruip en was 12 jaar lank ’n liefling van die Laan voor sy dié sepie vier jaar gelede verlaat het.

Maar nou het die aktrise Bertha le Roux-Wahl (43) in byna onherkenba­re gedaantes op die kassie verskyn. Nie een keer nie, maar sommer twee keer het sy die rolle vertolk van desperate vroue met donker gedagtes, albei wêrelde verwyder van die sagmoedige Emma.

Eers was Bertha te sien as die gevreesde gevangene en tronkleier suster Miems in 12 episodes van 7de Laan, wat in Junie vanjaar uitgesaai is. Emma het agter tralies beland nadat sy haar man, Rick (gespeel deur die akteur Darren Kelfkens), per ongeluk tydens ’n struweling doodgeskie­t het. Die tronklewe het sy tol geëis, het kykers tot hul skok ontdek toe hulle Emma in haar nuwe gedaante as Miems op die kassie teëkom.

En nou sien ons Bertha wéér in ’n heel ander sepierol as dié van Emma. In die kykNET-sepie Binnelande­rs speel sy nou Gaynor, ’n kinderlose vrou wat rooi sien nadat haar man in ’n myn verongeluk en gesterf het. Sy het net een doelwit, en dit is om wraak te neem op dié wat sy glo vir haar man se dood verantwoor­delik is.

Die karakters verskil hemelsbree­d, maar vir Bertha was dit nie moeilik om een se vel af te skud om in die ander een te transforme­er nie.

“Emma is en was nog altyd skaam, en Gaynor lewe ’n shelteredl­ife. In daardie opsig is hulle baie dieselfde. Maar hulle is ook uiteenlope­nde karakters met verskillen­de agtergrond­e,” vertel Bertha oor haar terugkeer na die kassie.

Die 7de Laan-storielyn waarin sy saam met aktrises soos Hildegardt Whites, Vinette Ebrahim en Carina Nel gevangenes in ’n tronk was, was vir haar ’n lekker uitdaging, maar nie “onmoontlik” om te vertolk nie, vertel sy.

“Emma het nog altyd ’n kontinuïte­it in haar storielyn gehad. Sy groei voortduren­d, en dit was lekker om haar dié keer in ’n masker te sien.”

Al het sy meer as ’n dekade lank op die skerm in Emma se vel geleef, was sy nie op haar senuwees om ’n nuwe karakter in ’n ander sepie te speel nie.

“Dis my werk; dis nie moeilik nie. Toneelspel is my passie. Ek gaan sit en gesels met die karakter en bou ’n geloofwaar­dige agtergrond op sodat sy ’n meer volronde mens kan raak.”

TERWYL Gaynor se verlore liefde wraakgedag­tes by haar kweek en Emma al twee keer getroud en vier keer verloof was, is Bertha al 16 jaar lank getroud met Karel Wahl (42), ’n kunshandel­aar. Hul dogters, Kiana (11) en Brioné (8), is hul trots. “Kiana het ’n wonderlike sin vir humor en is ’n dier- bare ouer sussie vir Brioné. Sy geniet dit om aan koor en hokkie deel te neem. Brioné gryp die lewe met albei hande aan en sê maklik wat sy dink. Sy is vol vrae en hou ook van grappies. Sy het ’n baie sagte hart en sien op na Kiana,” vertel Bertha.

Sy straal toe sy haar by ’n kunsgalery in Roodepoort tuismaak en oor haar gesin begin praat. Met haar seeblou oë en welige bos rooi hare is sy nog net so mooi soos daardie eerste dag in 2002 toe sy haar verskyning in Hillside gemaak het.

“Karel was nog altyd my rots. Sy ondersteun­ing is waardevol, en saam pak ons die lewe se uitdagings en plesiere aan. Hy is ook volkome by ons kinders betrokke. Dis byvoorbeel­d glad nie vir hulle vreemd wanneer hy hul hare vleg wanneer ek die dag nie tyd het nie.”

In die byna vier jaar sedert sy die Laan verlaat het, was sy voltyds ma en ’n omroeper by die Christelik­e radiostasi­e Radiokanse­l, waar sy elke Donderdago­ggend die program Vreugde & Joy aanbied.

Sy was ook in die VIA-televisier­eeks Nou of Nooit te sien, waarin sy saam met die aktrise P ulane Se kepe leefstylve­randerings gemaak en ondermeer baldans bemeester het.

Hierbenewe­ns het sy haar na die verhoog gewend en verlede jaar in die produksie Onderwêrel­d gespeel. In Oktober sal sy op die Aardklop- Nasionale Kunstefees in Potchefstr­oom in Rouer te sien wees, ’n roerende produksie oor kinderhand­el.

Tussendeur lewers y motivering­spraatjie s by skole, kerk een vroue byeenkomst­e en sy dien as beoordelaa­r in die ATKV se Tiener toneel kompetisie.

Maar haar bedrywige lewe nou is niks vergeleke met dié van ’n sepiester nie. Haar dae was vol en sy was soms tot 12 uur per dag op die stel toe sy nog voltyds in 7de Laan was.

Toe sy vroeër vanjaar in 12 episodes van 7de Laan gespeel het, is dit binne net sewe dae verfilm. Haar Binnelande­rsstoriely­n i sinne t nege dae geskiet. Die tonele was uitdagend en die dae lank.

“Dit was ’n uitdaging om weer woorde te leer en uit te werk waar ’n karakter is, maar dit was baie pret. Jou korttermyn­geheue raak fiks wanneer jy elke dag woorde moet leer; dis is maar muscle

memory wat ná ’ n ruk weer inskop,” vertel die veteraan.

Om tussendeur ’n huishoudin­g in stand te hou, wasgoed te doen en kinders gereed te kry vir skool, moes Bertha omtrent mooi beplan om by alles uit te kom.

“Ek is ’n gewone ma wat alles op een slag probeer juggle, en ek is baie lief vir my kinders. Ek dink nie ek is beter as ’n ander ma wat nie noodwendig ’ n televisier­ol het nie.” Dis nietemin soms maar moeilik, sê sy. “Wanneer jy vieruur soggens moet opstaan om jou kinders vir die skoolkonse­rt te grimeer voor jy vyfuur moet ry om betyds op die stel te wees, is dit nie maklik nie. Maar Karel is ’n steunpilaa­r en ek sou dit nie sonder hom kon doen nie.”

Sy vertel ingenome haar man is ’n ou hand agter die kospotte en ’n “ekspert” met die kinders se wiskundehu­iswerk.

Boonop maak hulle ná al die jare steeds tyd vir mekaar. “Dis altyd lekker om by hom te wees. Ek sal hom gereeld by die galery vir ’n koppie koffie ontmoet en dan sal ons hoor hoe dit met mekaar gaan.”

Hy is vir haar nog net so sexy soos toe hulle 20 jaar gelede begin uitgaan het.

“Ek geniet dit om na hom te kyk wanneer hy as afslaer by kunsveilin­gs optree. Hy is baie hot wanneer hy dit doen. ”

VIR die meeste sepiekyker­s sal Bertha dalk altyd Emma bly. Ná al die jare noem mense haar steeds Emma wanneer hulle haar raakloop.

“Maar ek het al geleer om mense reg te help en vir hulle te sê my naam i is eintlik i tlikB Bertha,” th ” vertel t l sy l laggend. gg d

“7de Laan het my baie gegun. Ek was finansieel standvasti­g, ek kon twee kinders hê, en bowenal was dit vir my lekker om Emma te speel. Ek het meer deur haar geleer as deur enigiets anders.”

Haar kinders het haar tot onlangs nie as Emma geken nie omdat die gesin nie ’n televisie het nie en nooit 7de Laan gekyk het nie, maar dit het onvermydel­ik geraak toe die episodes op YouTube beskikbaar word.

Wanneer hulle nou saam met Bertha daarna kyk, sal hulle haar vra: “Wat maak mamma?”

“Ek gee nie om nie, hulle verstaan dat die persoon op die skerm nie die mens in die werklike lewe is nie.”

Dan vertel sy Gaynor se tonele in Binnelande­rs is met tye ontstellen­d en voeg by: “Daar is wel dele van Gaynor se storielyn wat ek nie wil hê hulle moet sien nie.”

En sal ons haar weer as Emma of Miems sien?

“Ek sal die moontlikhe­id nooit uitsluit nie, maar daar is nie planne vir die nabye toekoms nie.”

Volgende jaar wil sy ’n werksessie oor kamerawerk en toneelspel vir jong mense aanbied, en sy geniet dit om haar lyf verkleurma­nnetjie te hou en verskillen­de rolle te vertolk.

Maar tussen alles deur wil sy eintlik net een ding wees: “Ek probeer elke dag om ’n goeie ma en vrou te wees. Lank nadat jy ’n karakter klaar gespeel het, is dit jou gesin wat bly. Dis saam met hulle wat jy blywende herinnerin­gs bou.”

‘Lank nadat jy ’n karakter gespeel het, is dit jou gesin wat bly’

 ??  ?? Bertha le Roux-Wahl, wat jare lank as die geliefde Emma in 7de Laan bekend was, het nou ’n splinternu­we rol in Binnelande­rs.
Bertha le Roux-Wahl, wat jare lank as die geliefde Emma in 7de Laan bekend was, het nou ’n splinternu­we rol in Binnelande­rs.
 ??  ?? Sepiekyker­s het haar as die saggeaarde Emma le Roux leer ken, maar ná ’n vier jaar lange tussenpose het sy ’n behoorlike gedaantewi­sseling ondergaan an toe sy in Junie vanjaar as die desperate suster Miems in 7de Laan opdaag. Nou is sy in Binnelande­rs as Gaynor te sien, nog ’n desperate vrou in nood.
Sepiekyker­s het haar as die saggeaarde Emma le Roux leer ken, maar ná ’n vier jaar lange tussenpose het sy ’n behoorlike gedaantewi­sseling ondergaan an toe sy in Junie vanjaar as die desperate suster Miems in 7de Laan opdaag. Nou is sy in Binnelande­rs as Gaynor te sien, nog ’n desperate vrou in nood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa