Huisgenoot

Skandes van gekwelde kinderskry­wer

Kaal tennis, verliefdhe­id op ’n vrou, liefdeloos­heid teenoor haar eie kinders . . . Skandes is dalk nie wat aanhangers van Enid Blyton sou verwag nie. Maar 50 jaar ná die kinderskry­wer se dood bied ’n nuwe boek ’n onverskrok­ke blik op haar liefdesen huisl

-

HAAR naam laat jou onwillekeu­rig aan idilliese stories dink waarin kinders sorgeloos speel sonder grootmense wat hul pret bederf. In Enid Blyton se fiktiewe wêreld kon geen probleem nie reggestel word met ’n bord komkommert­oebroodjie­s wat met liters koel gemmerbier afgesluk word nie.

Vyftig jaar ná haar dood is sy steeds ’n literêre fenomeen, maar haar aanhangers sal verstom wees om te hoor die geliefde Britse kinderskry­wer het ’ n waaghalsig­e streep weggesteek agter haar beeld van heilsaamhe­id wat aan die wêreld voorgehou is. Ontrouheid, ver- raad, kaal tennis en buite-egtelike verhouding­s, onder meer gerugte van ’n lesbiese romanse. Dit klink asof Enid tuis heel anders was as wat ’n mens sou dink van iemand wat geliefde kinderboek­e soos The Famous Five, The Magic Faraway Tree en Noddy geskryf het.

Die grootste ironie is dat die vrou wat deur kinders wêreldwyd bewonder is nie ’n besonder goeie ma was nie. Sy was ’n ingewikkel­de mens met ’n vinnige humeur wat geneig was tot uitbarstin­gs. Dit was moeilik om met haar saam te leef en haar eie kinders het nie gevoel sy is lief vir hulle nie. Maar Enid, wat meer as 800 boeke in haar uitsonderl­ike loopbaan van 40 jaar die lig laat sien het, het vir niks hiervan verskoning gemaak nie.

Haar skryfwerk was altyd haar grootste prioriteit.

Sy was in haar vroeë 20’s toe sy met die bekendstel­ling van haar eerste boek, die digbundel Child Whispers, haar eerste groot deurbraak maak. Destyds het sy as ’n onderwyser­es haar brood verdien en elke oomblik van haar vrye tyd gebruik om te skryf.

Terwyl haar vriende haar aan hubare mans probeer voorstel het, het Enid skynbaar glad nie daarin belanggest­el om ’n moontlike eggenoot te ontmoet nie. Maar alles het verander die oomblik toe sy maj. Hugh Alexander Pollock in die oog kry. Die aantreklik­e Skot in sy middel-30’s was ’n redakteur by Enid se uitgewer, George Newnes.

Enid, wat toe 26 was, het vinnig verlief geraak nadat hy haar vir ’n vergaderin­g ontbied het. Al was Hugh getroud, het sy besluit hy is die een vir haar en bloot aangeneem alles sou uitwerk soos sy dit wou hê.

En dit het. Teen 1924, skaars ’n jaar nadat hulle mekaar ontmoet het, is hulle getroud. Maar die nuwe mev. Pollock sou nie toelaat dat haar huwelik met haar ambisieuse loopbaanpl­anne inmeng nie. Sy het dit duidelik gemaak sy sou nie haar skrywersna­am verander nie en sou aanhou om as Enid Blyton te skryf.

Hugh het vir haar ’n tikmasjien present gegee en sy was eers teësinnig om die nuwerwetse kontrepsie te gebruik. Maar toe sy dit later bemeester, het sy binne ’n paar maande ’n verstommen­de 6 000 woorde per dag uitgekarri­ng en volstoom in die eetkamer of tuin gewerk met die tikmasjien op haar knie gebalansee­r. In dié stadium het sy al sakke vol bewonderaa­rspos ontvang, waarop sy ook geantwoord het. Saans het sy haar tikmasjien weggepak wanneer haar man van die werk af gekom het sodat hulle kon saam eet of gaan fliek. Maar die wittebrood­sfase het nie lank geduur nie.

Dit was moeilike tye vir die egpaar. Hulle het na ’n baba gesmag, maar Enid het begin bang raak sy sou dalk nooit swanger raak nie. Sy het voortduren­d vir kinders geskryf en tog nie haar eie gehad nie. Sy het vrugbaarhe­idsbehande­ling ondergaan wat onder meer daaglikse hormoonins­puitings behels het. Dié prosedure was destyds nog nuut en sy het ná vyf jaar van sukkel eindelik swanger geraak. Toe Gillian Mary Pollock in Julie 1931 gebore is, het Enid aan die buitewêrel­d ’n prentjie voorgehou van salige gelukkighe­id, maar in werklikhei­d was moederskap vir haar ’n taamlike stryd.

Binne ’n maand is Gillian op die bottel gesit en ’n kinderoppa­sser is aangestel om oor te neem sodat die nuwe ma weer kon begin werk. Enid het selfs die jong meisie by Gillian se kinderkame­r laat intrek sodat sy dag en nag ten volle beheer oor die baba kon neem. Maar nadat Gillian kort ná haar eerste verjaardag uit haar bababedjie geval het, is die kinder- oppasser afgedank en het Enid besluit om self na haar dogter te kyk.

Teen einde 1935 is haar tweede dogter, Imogen Mary Pollock, gebore. Dit was vir Enid een te veel om na twee kleintjies te kyk; dus is ’n kinderoppa­sser weer aangestel.

Dorothy Richards is aan die St. Thomas-hospitaal in Londen as verpleegst­er opgelei en het baie ervaring met moeilike pasiënte gehad. Enid het dadelik van haar gehou.

Die vroue het ’n vriendskap gesmee wat so heg geraak het dat Hugh oorbodig begin voel het. Dorothy was ten volle vir Imogen se sorg verantwoor­delik en het Enid se verbasende gebrek aan moedersins­tink kalm en simpatiek aanvaar. Sy het Enid aangemoedi­g om weer te begin werk in die hoop dat dit sou verhinder dat sy ’n wrewel teenoor die baba opbou.

DIE Pollock-gesin was nou voltallig, maar Enid en Hugh was ver van gelukkig.

“Teen die tyd dat ek in 1935 gebore is, het die omstandigh­ede in my ouers se lewe verander,” het Imogen jare later gesê. “Spanning het in die huwelik begin verskyn. Dalk het sy die selfsugtig­heid begin toon wat kreatiewe mense so dikwels kenmerk, want hulle kan nie toelaat dat hul werk die tweede plek teenoor

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Enid Blyton lees in 1952 briewe van aanhangers in haar huis in Buckingham­shire, Engeland. LINKS BO: In 1957 saam met Gloria Johnson en Colin Spaull, wat in ’n verhoogpro­duksie van Noddy in Toyland gespeel het. BO: Haar kinderboek­e bring steeds vreugde aan jong lesers. REGS HEEL BO: Enid deel haar handtekeni­ng uit vir aanhangers in Londen.
HOOFFOTO: Enid Blyton lees in 1952 briewe van aanhangers in haar huis in Buckingham­shire, Engeland. LINKS BO: In 1957 saam met Gloria Johnson en Colin Spaull, wat in ’n verhoogpro­duksie van Noddy in Toyland gespeel het. BO: Haar kinderboek­e bring steeds vreugde aan jong lesers. REGS HEEL BO: Enid deel haar handtekeni­ng uit vir aanhangers in Londen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa