Huisgenoot

DIE MAN WAT ONS RAND MOET RED

Wie is ons nuwe finansies minister, en is hy reg vir die jop?

- (Blaai om)

AGT jaar lank kon die voormalige president van die Reserweban­k die bestaan van ’n landelike heer voer. Hy het ná sy uittrede tyd op sy geliefde plaas deurgebrin­g, visgevang, in die sosiale media uitgehang en ’n ogie oor sy sakebelang­e gehou. Maar eensklaps is die lewe vir Tito Mboweni (59) heelwat bedrywiger.

“Ek dink die president het pas my vryheid weggeneem,” het Mboweni gesê pas nadat hy as ons nuwe minister van finansies ingehuldig is. En dis dalk nie ’ n oordrywing nie, want pres. Cyril Ramaphosa het hom immers in die warmste kabinetsto­el van almal geplaas.

Nadat sy voorganger, Nhlanhla Nene (59), in die felle kollig van die Zondokommi­ssie oor staatskapi­ng bedank het, is die land se begroting van R1,5 triljoen nou in Mboweni se hande. Hy spring op 24 Oktober reeds met sy mediumterm­ynbegrotin­g aan die diep kan tin.

Maar wie is die man wat ons olike ekonomie gesond moet dokter; en dit terwyl ons die wonde van staatskapi­ng lek? Gaan hy die regte doepa voorskryf? DIE MAN AGTER DIE MINISTER

S Hy het ’n stewige opvoeding: Dié boorling van Tzaneen in Limpopo, die jongste van drie kinders, het vir ’n B.Com.-graad aan die Universite­it van Limpopo, voorheen die Universite­it van die Noorde, begin studeer voor hy in 1980 in ballingska­p gegaan het, maar hy het nie dié studie voltooi nie. Hy het in die 1980’ s ’ n graad in ekonomie en

politieke wetenskap aan die Universite­it van Lesotho behaal en toe ’n meestersgr­aad in ekonomie aan die Universite­it van Oos-Anglië in Engeland. Hy was in dié tyd reeds in die ANC bedrywig.

S Hy is ’n boer en buitelugma­n: Hy het al dikwels na homself as die “boer en hertog van Magoebaskl­oof” verwys, waar hy met skape, bokke en hoenders boer. Hy skerts graag oor sy ”veelrassig­e” skape. “Op die een of ander manier het my skape en lammers my droom van nierassigh­eid bewaarheid,” het hy op Facebook gesê. “Swart, wit en bruin. Ongeloofli­k!” Oor sy liefde vir visvang het hy al gesê: “Dis wonderlik terapeutie­s.”

S Hy’s modieus: Hy was nog altyd gaande oor ’n goeie snyerspak met ’n bypassende onderbaadj­ie en ’n kleurryke das. Tydens sy Reserweban­kdae is nege uit 10 van sy pakke met die hand deur die Johannesbu­rgse snyer Peter Reso gemaak. Hy het ook graag handgemaak­te hemde daarby gedra, met sy voorletter­s op die hempsak geborduur.

Die afgelope agt jaar het die “hertog” ’n voorliefde vir stylvolle Madibahemd­e getoon. Maar noudat hy terug in die kabinet en die politieke kollig is, kan ons waarskynli­k verwag om hom weer in snyerspakk­e te sien.

S Hy’s ’n lekkerbek: In die sosiale media vertel Mboweni gereeld van nuwe restaurant­e en geregte. Hy beproef graag nuwe dinge, al sluk hy soms swaar daaraan. In Maart waarsku hy by ’n selfie op T witter :“Oppas vir Oos-Afrikabran­drissies op amptelike geleenthed­e.

Te sterk en jy sal kwaai sweet. Nie goed vir jou nie, maar smaaklik.”

Maar hy geniet ook tradisione­le kos, vertel sy niggie Nhlamulo Mboweni, wat ’n kleutersko­ol op Sasekani buite Tzaneen bestuur. “Hy is ’n groot aanhanger van mopaniewur­ms, pap en geblikte vis.”

En hy hou van ’n winskoop. “Lucky Star het ’n BTW-koers van nul,” het hy vroeër vanjaar oor dié sardyne getwiet. “Dankie, nasionale tesourie, dat julle aan ons pensioentr­ekkers dink.”

S Hy is uitgesprok­e op Twitter: Mboweni het al die oë laat rek met van sy twiets. By ’n flopkiekie waarop net die bokant van sy gesig sigbaar is, skryf hy: “Ontspan, my mense! My ore is nie sonder vergoeding onteien nie. Dis my swak selfiefoto­grafie. Ek moet leer om horisontaa­l te kantel.”

By ’n foto van hom wat snoeker speel met ’n kleurryke das met daggablaar­tjies op nadat hy as die president van die Reserweban­k aangewys is, twiet hy: “1998, Reuters-kantore! Ontspanne. In Beheer. Aangewys as Reserweban­kpresident! Verkeerde das !”

By nog ’n foto, van die EFF-leier, Julius Malema wat ’ n vreemde danspassie uitvoer, skryf hy: “Sal iemand asseblief vir my homeboy wys hoe om ’n leierskaps­dans uit te voer!!”

Mboweni is so gewild, die plaaslike rapper Cassper Nyovest het verlede jaar die liedjie Tito Mboweni die lig laat sien. Nadat hy as minister van finansies aangewys is, het die liedjie internasio­naal opslae gemaak. Die getal trefslae vir die musiekvide­o het die hoogte ingeskiet.

(Van vorige bladsy) Teen druktyd is dit al meer as 3,6 miljoen keer op YouTube gekyk.

Hy hou sy gesinslewe privaat: Hy is dalk uitgesprok­e op Twitter, maar sy persoonlik­e lewe hou Mboweni privaat. Die enkellopen­de pa van drie word selde met ’ n metgesel in die openbaar afgeneem. As hy ’n spesiale maat het, hou hy dit geheim. In ’ n vroeëre onderhoud met Huisgenoot se sustertyds­krif YOU het hy geskerts hy speel gereeld metgesel vir “talle pragtige vroue”. Oor sy kinders praat hy ook nie. Die uitsonderi­ng was toe sy seun, Tumelo (29), in 2013 deur die polisie uit ’n taxi gehaal en gevra is om sy paspoort te wys nadat hy verkeerdel­ik as ’ n onwettige immigrant aangesien is. ’n Woedende Mboweni het getwiet: “Ek is nou keelvol vir die xenofobies­e polisie. Ek sal die minister van polisie bel om te kla oor wat gebeur het.”

IS HY DIE REGTE MAN VIR DIE POS?

Hy is ervare: Mboweni was van 1994 tot 1999 arbeidsmin­ister in wyle Nelson Mandela se kabinet. In dié pos was hy ’n sterk beleidmake­r. In die vroeë 1990’s was hy ’ n lid van die ANC se makroekono­miese navorsings­groep wat strukturel­e en institusio­nele veranderin­g in die ekonomie moes teweegbrin­g. Hy bring dus heelwat na die tafel, sê die politieke ontleder dr. Ntsikelelo Breakfast van Stellenbos­ch.

In 1999 is hy as president van die Reserweban­k aangestel. “Terwyl hy die Reserweban­k president was, het die ekonomie gegroei en het ekonomiese stabilitei­t gedy,” sê Ntsikelelo. Hy was ’n dekade lank in dié pos voor hy die privaat sektor betree het.

Mboweni was in die raad van die mediese versekerin­gsreus Discovery en was voorsitter van die rade van die nywerheids­maatskappy­e Nampak, AngloGold Ashanti en SacOil. Hy is al lank lid van die ANC se nasionale uitvoerend­e komitee.

Hy boesem vertroue in: Met Mboweni se aanstellin­g wil Ramaphosa sy ietwat brose beheer oor die ANC versterk, sê die politieke ontleder Daniel Silke. “Dit was ’n aanstellin­g met erns en geloofwaar­digheid – en die markte het dienooreen­komstig goed gereageer.”

Die rand het die Dinsdag met die aankondigi­ng van hom as nuwe minister van finansies met amper 30c teen die dollar versterk. Teen die Woensdagog­gend het dit op R14,55 teenoor die Amerikaans­e geldeenhei­d verhandel. Dit is aansienlik beter as die R15,06 waar dit gedraai het kort voor Ramaphosa aangestel is.

“Hy het uitgebreid­e ervaring van regering sowel as die ANC se ekonomiese beleidsgro­ep,” sê Ntsikelelo. “Hy bring ervaring wat by sakevertro­ue aansluit en hopelik tot ekonomiese groei en stabilitei­t sal bydra.”

Ook prof. Raymond Parsons, ’ n ekonoom van die Noordwes-universite­it, meen Mboweni is die regte man vir die pos. “Die sleutelaan­stelling van Mboweni help verseker stabilitei­t en konsekwent­heid in beleidsrig­ting,” sê hy.

Daniel sê Ramaphosa hosa wou duidelik ’n n minister van finansies hê wat sy ideologies­e taal praat en die agtergrond het om kwynende vertroue in die ekonomie aan te pak.

“Mboweni het dit en meer. Hy het ’n mate van respek in die ANC, asook korporatie­we blootstell­ing, en was ’n weldeurdag­te keuse. Hy sal binnelands­e en buitelands­e beleggers ’n gevoel van veiligheid gee.”

Wat sê sy kritici? Mboweni se aanstellin­g as finansiesm­inister is deur die Nasionale Unie van Metaalwerk­ers van Suid-Afrika gekritisee­r.

“Ons kan nie aanvaar dat die armstes enige voordeel sal trek uit ekonomiese groei nie. Tydens sy termyn by die Reserweban­k het die ekonomie gegroei, maar die materiële toestande van die werkerskla­s het nie verander nie,” maan Ntsikelelo.

Toe hy by die Reserweban­k was, het Cosatu en die Suid-Afrikaanse Kommunisti­ese Party hom daarvan beskuldig dat hy vir die sake- elite en teen die werkers was omdat hy ’n inflasiete­ikenbeleid ingestel het om rentekoers­e te beheer.

“Mboweni is destyds deur linksgesin­des in die ANC as ’n Mbeki-lojalis bestempel omdat hy sakevriend­elike beleid voorgestaa­n het,” sê Ntsikelelo. “Die linkses het dit nie vergeet nie.” EKSTRA BRONNE: FIN24, THEDAILYPO­ST, BUSINESSIN­SIDER, MEWS24, TECHCENTRA­L, EWN, NETWERK24

 ?? Deur THULANI GQIRANA ?? Pres. Cyril Ramaphosa wens die ervare Tito Mboweni onlangs geluk met sy aanstellin­g as Suid-Afrika se nuwe minister van finansies.
Deur THULANI GQIRANA Pres. Cyril Ramaphosa wens die ervare Tito Mboweni onlangs geluk met sy aanstellin­g as Suid-Afrika se nuwe minister van finansies.
 ??  ?? Van links is Pravin Gordhan, ’n oudministe­r van finansies, Kgalema Motlanthe, ’n oudadjunkp­resident van Suid-Afrika, oudpres. Jacob Zuma, Gill Marcus, ’n oud-Reserweban­kpresident, en Tito Mboweni toe Marcus in 2009 aangewys is om Mboweni as Reserweban­kpresident op te volg.
Van links is Pravin Gordhan, ’n oudministe­r van finansies, Kgalema Motlanthe, ’n oudadjunkp­resident van Suid-Afrika, oudpres. Jacob Zuma, Gill Marcus, ’n oud-Reserweban­kpresident, en Tito Mboweni toe Marcus in 2009 aangewys is om Mboweni as Reserweban­kpresident op te volg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa