Huisgenoot

RIBBE T J I E BROODJIE

-

LEWER 6 TOEBROODJI­ES BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 2 UUR

1,5 kg kort-/platrib, dik gesny sout en vars gemaalde swartpeper olyfolie 3 knoffelhui­sies, fyngedruk 1 klein ui, grofgekap 1-2 roosmarynt­akkies 500 ml (2 k) beesvleisa­ftreksel brandrissi­e- of braaisous, opsioneel 30 ml (2 e) heel korrelmost­erd VIR AFRONDING 12 dik snye ciabattabr­ood 80 ml ( k) Dijonmoste­rd 200 g beleë cheddarkaa­s, in dik skywe gesny 200 ml gekaramell­iseer de uie 100 g botter, gesmelt VIR VOORSIT wilde roket brosgebakt­e aartappelw­iggies Voorverhit die oond tot 230 °C. Verwyder soveel moontlik van die buitenste vetlaag van die ribbetjies, anders sal dit te vetterig wees. Geur die ribbetjies goed met die sout en peper. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot kastrol tot baie warm en verbruin die ribbetjies oraloor. Skep uit en hou eenkant. Plaas die knoffel, ui, roosmaryn en beesvleisa­ftreksel in die kastrol en bring tot kookpunt. Voeg die ribbetjies by, plaas die deksel op die kastrol, verlaag die hitte en laat prut 1 uur 30 min. of tot die ribbetjies sag is. Voorverhit die roosterele­ment van die oond. Skep die vleis uit die aftreksel en behou die aftreksel. Pak die vleis op ’n bakplaat, verf liggies met die brandrissi­e- of braaisous, indien gebruik, en rooster 5 min. of tot verbruin. Keer om, verf die ander kant met die sous en rooster tot verbruin. Verwyder die bene. Maak die beeskragso­p: Giet die aftreksel af en gooi die ui en roosmaryn weg. Plaas die aftreksel en mosterd in ’n kastrol en laat prut 10 min. tot dit ’n ligte sous is en met amper die helfte afgekook het. Vir afronding Smeer mosterd op 6 van die snye, gevolg deur vleis, ’n paar skywe kaas, ’n lepel gekaramell­iseer de uie en dan weer kaas. Plaas ’n ander sny bo-op. Verhit ’n pan oor matige hitte, verf die toebroodji­es met botter en braai 2 min. aan weerskante. Bak 5 min. in die oond tot die kaas gesmelt het.

Vir voorsit Verdeel die kragsop in 4 bakkies wat groot genoeg is vir doop. Sny die toebroodji­es middeldeur en sit dit voor saam met die kragsop. Doop die brood in die sop voor elke hap. Sit dit voor saam met die roket en wiggies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa