Huisgenoot

MISHANDEL, MAAR NOG LIEF VIR HOM

-

Ek was in ’n verhouding met iemand wat my afgekraak, wreed aangerand en van my familie vervreem het. Hy is ’n volslae alkoholis en is van bedrog aangekla. Ek het hom verlaat, maar is nog lief vir hom. My familie kan dit nie verstaan nie. Hy het verwag dat ek vir mense leuens moet vertel oor waarom ek beserings opgedoen het, en nou laat dit almal twyfel aan my toerekenin­g svatbaarhe­id. Hoekom op aarde is ek nog lief vir hom?

GF op AP

Geluk dat jy die moed en krag kon vind om hierdie mishandela­ar te verlaat. Vir geliefdes is dit dikwels moeilik om redes te vind waarom ’n mens iemand kan liefhê wat jou so seergemaak het, maar dit is nie so eenvoudig nie. En jy soek nou self afsluiting hieroor.

As ’n ouer jou mishandel het, het jy dalk geleer om liefde en die weerhoudin­g daarvan met pyn te verbind. Onbewustel­ik herhaal jy dié patroon omdat jy hoop om hierdie keer ’n beter verhouding met die mens die naaste aan jou te hê. Maar niks wat jy by hom sou kon vind, kan jou wonde uit jou kindertyd genees nie. Selfs al gaan hy deur ’n moeilike tyd noudat hy van bedrog aangekla word, is dit geen verskoning om iemand anders te mishandel nie.

Soms kan ’n emosionele band met ’n mishandela­ar so sterk wees dat jy selfs aan die enkele goeie tye vashou in die hoop dat julle weer sulke tye sal beleef. Jy kan hiervan wegbreek deur jou fisieke en emosionele veiligheid eerste te stel. Berading is beslis ’n uitweg. Namate jy ’n gevoel van eiewaarde herwin, sal dié gedagtes vervaag.

Begin ook deur die roetines te verander wat jy gevolg het om hom tevrede te stel. Gaan weer uit en besoek die familie en vriende van wie hy jou vervreem het. Doen dinge wat hy jou waarskynli­k nie sou toegelaat het nie, soos om met vakansie te gaan en fiks te word.

Moenie nou ’n nuwe verhouding­smaat soek nie. Fokus op jou loopbaan en doelwitte soos om nuwe vriendskap­pe aan te knoop.

 ?? LIEWE ELIZE ?? As jy ’n persoonlik­e probleem het, skryf gerus aan Liewe Elize, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of elize@huisgenoot.com. Of SMS LIEWE ELIZE gevolg deur jou vraag na 36489. Elke SMS kos R1.
LIEWE ELIZE As jy ’n persoonlik­e probleem het, skryf gerus aan Liewe Elize, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of elize@huisgenoot.com. Of SMS LIEWE ELIZE gevolg deur jou vraag na 36489. Elke SMS kos R1.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa