Hoekom eet jou hond mis?
As jou hond ’n voorliefde hiervoor het, probeer hy dalk vir jou iets sê
DIS ’ n goor gewoonte wat baie honde-eienaars naar maak en ’n mens laat wonder : Hoekom eet party honde hul eie, dikwels ander diere en selfs mense se ontlasting? Dit blyk koprofagie (die wetenskaplike naam vir die eet van ontlasting) is taamlik algemeen en het vele oorsake wat wissel van voedingstekorte en mediese probleme tot blote verveling. Studies toon ook om mis te vreet is algemener by tewe – en hoe varser, hoe beter.
MOONTLIKE OORSAKE
Ensiemtekort
Honde het vertering sensieme nodig omhul koste absorbeer. As hulle nie genoeg het nie, sal hulle voedingstowwe onverteerd uitskei. As hulle in die natuur ’n dier sou doodmaak, sou hulle die binnegoed eetwa t dié vertering s ensieme bevat. Maar die meeste van vandag se verwerkte hondekosse bevat nie genoeg hiervan nie. Dit beteken jou hond kan begin lus word vir die ontlasting wat hulle pas uitgeskei het omdat dit vol voedingstowwe is. Wanabsorpsie
Jou hond het dalk ’n mediese toestand wat die swak absorbering van voedingstowwe kan veroorsaak en
tot ’n voorliefde vir ontlasting kan n lei. Eksokriene pankreaties eon toer eireikendheid Di tis wanneer jou hondse pankreas nie voldoende verteringsensie- sieme afskei nie. Hulle probeer later die no- odige voedingstowwe uit stoelgang kry. Parasiete of wurms in die ingewande Dit absorbeer die voedingstowwe wat jou hond uit sy kos moet kry en laat hom met ’n tekort. Toestande wat die eetlus vergroot
Sekere siektes soos diabetes, skildklierprobleme en part yster o ï ede kan honde dood van die honger maak. Ondervoeding
As jou hond nie genoeg kos kry nie, sal hy dit elders soek. Higiëne
’n Toestand waar mis eet normaal is, is by ’n teef met kleintjies. Sy sal die mis van haar werpsel eet om die nesplek skoon te hou. Hondjies kan uit nuuskierigheid ook ’n hap vat, maar hulle ontgroei dit. Aasvreters
Honde is natuurlike aasvreters en die reuk van ontlasting is nie vir hulle so afstootlik soos vir mense nie. Verveling, stres en aandagsoekery
As jou hond gestres is of baie alleen gelos word, kan hy begin ontlasting eet. Party honde sal dit bloot doen om aandag van hul eienaar te kry, al is dié aandag straf.