Wêrelderfenisgebiede
Verbreed jou kennis oor plekke met geskiedkundige kultuurskatte en belangrike natuurverskynsels
ORAL oor die wêreld is spesiale plekke met groot waarde vir die mensdom wat as Wêrelderfenisgebiede beskerm word. Hierdie plekke be bevat geskiedkundige kultuurskatte en be belangrike natuurverskynsels. Daar is me meer as 1 000 Wêrelderfenisgebiede in me meer as 160 lande. Suid-Afrika het 10 sulke gebiede. Ons leer jou meer oor Wêrel relderfenisgebiede en dan kyk ons veral na een wat in Suid-Afrika voorkom – die Vr Vredefortkoepel.
WAT IS DIT?
’n Land se erfenis is die kern van sy identiteit. Daardie erfenis is ’n getuienis ge van wat ’n nasie verduur en bereik rei het, en hoe daardie nalatenskap die nasie na se toekoms sal beïnvloed. Dit gaan egter eg oor meer as net geskiedenis. Die erfenis fen omvat ook natuurskatte en kulturele kosbaarhede wat die geskiedkundige aspekte as van daardie erfenis aanvul. Dit maak ma sulke plekke dus uiters betekenisvol en eiesoortig. Die D mensdom se Wêrelderfenisgebiede sluit die Groot Muur van China, die dierelewe van die Serengeti in Oos-Afrika, die piramides van Egipte en die Taj Mahal in Indië in. Daar is ook Australië se Groot Koraalrif, die Akropolis in Griekeland en Stonehenge in Brittanje, om net ’n paar te noem. Die Wêrelderfenisgebiede kom oor die hele wêreld voor en behoort aan alle
inwoners van die aarde.
DIE INTERNASIONALE VERDRAG
Dit is die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie ( Unesco) se hoofdoel om die wêreld se erfenis in al sy vorme te identifiseer, te beskerm en te bewaar. Unesco se missie word beliggaam in die internasionale verdrag genaamd die Konvensie aangaande die Beskerming van die Wêreld se Kulturele en Natuurerfenis, wat in 1972 deur Unesco aanvaar is. Suid-Afrika het hierdie verdrag op 10 Julie 1997 bekragtig en sodoende kon sy kultuurhistoriese terreine ook in aanmerking kom vir insluiting op Unesco se lys van Wêrelderfenisgebiede.
DIE VREDEFORTKOEPEL
Die Vredefortkoepel kom sowat 120 km suidwes van Johannesburg voor. Dit is ’n opgeligte stuk land in die middel van ’n impakterrein (krater), wat deur ’n groot meteoriet veroorsaak is. ’n Meteoriet is ’n stuk rots of metaal uit die ruimte wat deur die aarde se atmosfeer val en die grond tref. Die Vredefortkoepel is in die grootste en oudste bekende krater op aarde. Dit is genoem na die nabygeleë dorp Vredefort in die Vrystaat. Die dorpe Parys en Koppies is ook hier geleë.
HOEKOM IS DIT BELANGRIK?
Die meteoriet wat dié impakkrater veroorsaak het, was ’n asteroïed van tot 10 km in deursnee – groter as Tafelberg! Dit was een van die grootstes ooit wat die aarde getref het. Die slag toe dit die aarde tref, was gelyk aan 1 000 megaton. Dit het sowat 70 kubieke km rots in ’n ommesientjie laat verstuif. Die trefgebied het ’n deursnee van sowat 190 km en die groter kraterdeursnee is 380 km. Dit maak die Vredefortkoepel die grootste bekende impakstruktuur op aarde.
Die impak het sowat 2 miljard jaar gelede gebeur en het vermoedelik gelei tot vulkanisme – geologiese prosesse op die oppervlak van die aarde wat verband hou met die gesmelte materiaal uit die binneste van ons planeet. Wetenskaplikes maak hierdie afleiding omdat die Bosveldstollingskompleks (waar die meeste van die wêreld se bekende reserwes van die platinumgroepmetale gevind word ) en die Witwatersrandbekken (wat die meeste van die bekende reserwes goud bevat) in dieselfde tyd as die impak gevorm het.
Die Vredefortslag was waarskynlik die wêreld se grootste enkele energievrystellingsgebeurtenis, met belangrike gevolge. Sommige wetenskaplikes reken dit het ook tot groot veranderings in die evolusie van lewe gelei. Die impakkrater is belangrik om te help verstaan hoe ons planeet ontwikkel het.
BEWARING
Die Vredefortkoepel-wêrelderfenisgebied se unieke aard word deur eiendomsontwikkeling en besoedeling bedreig. Plaaslike inwoners is veral bekommerd oor die storting van riool in die Vaalrivier en in die krateromgewing. Omgewingsbewaarders is ook bekommerd oor die moontlikheid van mynbouaktiwiteite om die rand van die kratergebied. Jy sal saamstem dat die gebied waardevol is vir die mensdom en dat ons dit moet bewaar.