Huisgenoot

Deur CHANETTE PAUL ( R149*)

-

Waar kom die skrywery vandaan?

Ek was agt toe ek vir myself begin stories skryf het en 16 toe een, ’n sprokie, in Siembamba voorgelees is. In matriek het ek ’ n kortverhaa­l geskryf wat later in Huisgenoot gepublisee­r is. Ná ’ n paar terugsendi­ngs het ek 20 jaar lank geglo my droom om ’ n skrywer te word is vergeefs. Vlak voor 40 het ek weer probeer. Nadat ’ n kortverhaa­l deur Sarie aanvaar is, kon ek nie weer ophou nie.

Uit die Bloute in ’n neutedop

Ayla, ’ n grafoloog, besef sy moet haar suster, Nimue, dringend opspoor nadat sy die handskrif van dié se vriendin Diana ontleed het. Albei is vermoedeli­k lede van ’ n groep vroue wat wag dat die moederskip hulle na ’ n nuwe planeet neem waar hulle ’n vreedsame samelewing sal stig. Nadat ’n sluipmoord plaasgevin­d het, stem Jojo Richter in om Ayla te help soek. Spoedig krap hulle ’n hele miernes van verdwyning­s en vreemde sterftes oop.

Jou gunsteling­karakter?

Ondanks ’n baie sagte plekkie vir Ayla Hurter wen Jojo Richter met ’n kortkop. Sy het haar al by vyf boeke ingewurm, en ek leer haar met elkeen beter ken. Terwyl sy ’n moord probeer oplos en navorsing doen oor onder meer VVV’s, moet sy vrede maak met 60 wees en – as sy haar geliefde Joachim wil behou – ook met haar koddige lyf. Sy is flambojant en vol draadwerk, maar vir my ’n diep menslike karakter.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa