Huisgenoot

HOE VERDUIDELI­K JY DIT AAN ANDER?

-

Al verduur jy chronies pyn, hoef jy nie ’n klakous te wees nie, maar die mense om jou, veral jou geliefdes, moet genoeg inligting hê om jou beter te kan verstaan en geduldiger met jou te wees, sê dr. Rosa Bredekamp, ’n sielkundig­e van Stellenbos­ch.

Begin met: “My pynervarin­g is my werklikhei­d, al kan julle dit nie sien of glo nie. Dit ontneem my soms my lewensener­gie en ek gaan moeg wees. Ander kere gaan ek nie kan stilsit nie weens die pyn.”

Vertel ook vir jou naastes en ander wanneer jy die dag minder pyn ervaar. Sê dan: “Ek voel vandag goed; kom ons gaan doen iets lekkers.”

Maar dit beteken nie jy moet gedurig oor jou pyn praat nie. “Die pyn is ’n entiteit op sy eie; dis nie jou persoonlik­heid nie,’’ beklemtoon Rosa.

“Kry strategieë om die pyn te bestuur. Pyn kan jou die lewe laat waardeer as jy op positiewe dinge eerder as die pyn fokus.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa