Huisgenoot

PICADILLO

Die olywe en rosyne in dié maalvleisg­ereg klink dalk vreemd, maar dis beslis ’n smulkombin­asie.

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 30 MIN.

30 ml (2 e) olyfolie 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 1 kg maer beesmaalvl­eis 100 g tamatiepas­ta 1 bees aftreksel potjie 60 ml (¼ k) water 5 ml (1 t) origanum 2,5 ml (½ t) cayennepep­er 60 ml (¼ k) rosyne sout en vars gemaalde peper VIR VOORSIT 100 g pitlose groen olywe, grofgekap ’n hand vol koljanderb­lare, gekap lemmetjiew­iggies 4 x 250 ml (4 k) gaar rys 1 Verhit die olie in ’n vlak kastrol en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin. 2 Roer die tamatiepas­ta, beesaftrek­selpotjie en water by. Voeg die speserye en rosyne by en roer deur. Laat prut die maalvleis 10-15 min. of tot die vloeistof afgekook is. Roer af en toe om te verhoed dat die vleis brand. 3 Geur die maalvleis met die sout en vars gemaalde peper na smaak.

4 Vir voorsit Sprinkel die olywe en koljanderb­lare oor die maalvleis en sit voor saam met die lemmetjiew­iggies en rys. S

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa