Huisgenoot

BROCCOLISL­AAI MET BROS SPEK

-

Dié slaai kan ’n paar uur voor die tyd gemaak word. Hou net die slaaisous apart en giet dit oor net voor ete. Wanneer die sous oorgegiet is, moet die slaai op dieselfde dag geëet word.

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 10-15 MIN. GAARMAAK: 9 MIN.

SLAAI 400 g broccolibl­ommetjies, in happiegroo­ttes gesny 30 ml (2 e) sonneblomp­itte 15 ml (1 e) olie 6 repe repiespek, in blokkies gesny SLAAISOUS 125 ml (½ k) mayonnaise van goeie gehalte 15 ml (1 e) witwynasyn 5 ml (1 t) heuning AFRONDING

1 salot of klein rooi-ui, geskil en fyngekap 60 ml (¼ k) sondroë tamaties, gekap

1 Slaai Kook die broccoli 2 min. in gesoute kokende water oor matige tot hoë hitte. Dreineer deur ’n sif en giet koue water oor die broccoli sodat dit dadelik afkoel. Hou in die sif om goed te dreineer. 2 Rooster die sonneblomp­itte 2-3 min. in ’n braaipan oor matige hitte. Skud die pan sodat dit egalig rooster. Skep die pitte uit die pan en hou eenkant. 3 Verhit die olie in dieselfde pan oor matige tot hoë hitte en braai die spek 4 min. tot bros. Dreineer op kombuispap­ier en hou eenkant.

4 Slaaisous Klits die bestanddel­e vir die slaaisous saam.

5 Afronding Meng die broccoli, ui en tamaties in ’n mengbak. Meng die slaaisous deur. Roer die meeste van die spek en pitte net voor jy voorsit deur die slaai; strooi die res bo-op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa