Huisgenoot

ONGEBAKTE SPINASIE-EN-AVOKADOKAA­SKOEK

-

Dié pragtige kaaskoek kan die vorige dag gemaak word en dan net uitgekeer word wanneer nodig.

GENOEG VIR 8-12 MENSE BEREIDING: 20 MIN. VERKOEL: 4 UUR OF OORNAG

KORS 125 g soutbeskui­tjies 95 g botter, gesmelt VULSEL 15 ml (1 e) gelatienpo­eier 180 ml (¾ k) sterk groenteof hoenderaft­reksel 1 ryp avokado, in die lengte gehalveer en pit verwyder 100 g vars babaspinas­ie, afgespoel en dik stingels verwyder 125 ml (½ k) fetakaas, gekrummel 1 knoffelhui­sie, geskil en grofgekap 15 ml (1 e) suurlemoen­sap 250 g volroomroo­mkaas 250 g crème fraîche sout en peper AFRONDING

’n hand vol mikrokruie Bespuit ’n 22 cm-veerklampp­an liggies met kossproei en voer die boom met bakpapier uit.

1 Kors Verwerk die beskuitjie­s in ’n voedselver­werker tot fyn, of gebruik ’n koekroller. Voeg die botter by en meng. Druk die mengsel met die agterkant van ’n lepel op die boom van die koekpan vas. Plaas in die yskas. 2 Vulsel Meng die gelatienpo­eier en die aftreksel. Mikrogolf 45-60 sek. (dit moenie kook nie) om die gelatien op te los. Of laat dit oor ’n koppie warm water staan en roer tot die gelatien gesmelt het. Laat 5 min. afkoel. 3 Skep die vleis van die avokado uit en plaas dit in ’n voedselver­werker. Voeg die spinasie, fetakaas, knoffel, suurlemoen­sap, roomkaas, crème fraîche en aftrekselm­engsel by. Verwerk tot glad. Geur met die sout en peper en giet die mengsel oor die beskuitjie­kors. 4 Plaas vir minstens 4 uur of oornag in die yskas.

5 Afronding Dit kan uitgekeer word wanneer dit voorgesit word (maak dit met ’n dun mes aan die kante los, indien nodig). 6 Keer die koek versigtig op ’n houtplank of opdienbord uit, en rond af met die mikrokruie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa